Saturday, January 22, 2011

Dit is hulle skuld.... Oor nugterheid


As ander maar so simpatiek teenoor ons is soos wat ons teenoor onsself is. As ander maar net so geduldig en positief teenoor ons is soos wat ons onsself opsom.

Die waarheid is eerder: die individu neig om sy of haar eie sonde te minimaliseer en om die ander persoon s’n op te blaas.

Daarom projekteer ons: In ‘n mens se denke is skuld vir wat verkeerd loop, altyd ander mense s’n. Alles, dink ‘n mens,  sou tog anders gelyk het as ander mense nie so hatig, onverdraagsaam en vyandig sou wees nie.

Dit gebeur wanneer ‘n mens só op ander se swakhede fokus dat ‘n mens jou eie swakhede nie raaksien nie.

Vrede kom tot ons wanneer ons na onsself kyk en die diep afgronde van vooroordele en hatigheid raaksien.

Nugterheid is wesenlik aan die geestelike reis – en dit beteken dat ‘n mens nugter na jouself en jou eie demone kyk.

Die balk en die splinter…

No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.

Blog Archive