Wednesday, January 05, 2011

Wanneer 'n mens te veel besit...


Só dink die kerkvaders oor dade van ontferming:

Die brood wat jy nie opeet nie, is brood van die armes.

Die kledingstuk in jou kas wat jy nie dra nie, is die kledingstuk van die mens wat nie klere het nie.

Die skoene wat jy nie dra nie, is die skoene van iemand wat kaalvoet loop.

Die geld wat jy opgehoop het, is die geld van die armes.

Die liefdesdiens wat jy nalaat om te bewys is jou dade van ongeregtigheid.

                                                            Basilius. Kerkvader uit die vierde eeu.


Ek het 100 gram brood per dag nodig. En God seën daardie voedsel aan my liggaam, maar nie een gram meer nie. Dus, as ek 110 gram neem, het ek 10 gram van die armes gevat.
                                                            Cosmas Atilos.

No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.

Blog Archive