Gelowiges verlang vanuit die dieptes van hul innerlike om naby aan God te wees. Mense het ‘n behoefte na intimiteit, om volledig een met God te kan wees.
Dit is ‘n spesiale ideaal waarna ‘n mens verlang.
Maar die behoefte na eenwording met God begin by ‘n heel eenvoudige punt.
Dit begin byvoorbeeld deur die dankbare manier waarop ‘n mens die lewe bekyk.
Soms kan die dankbaarheid oor heel normale, gewone en alledaagse dinge gaan: Ek bly byvoorbeel geboeid deur die manier waarop Paulus in Handelinge 24:3 vir Felix vertel hoedat mense gevul is met “diepe dankbaarheid” oor die manier waarop hy geregeer het – oor die rus en vrede in sy tyd en oor die verbeteringe wat vir die volk onder hom gekom het.
Dankbaarheid oor sulke eenvoudige dinge kan 'n mens se lewe omkeer.
‘n Mens hoef nie veel te besit of te presteer om die gevoel te kry dat ‘n mens se lewe geseënd is nie.
Die insig het weer op sy beurt sekere gevolge: Iemand wat weet hoeveel seëninge kom onverdiend na sy of haar kant, is ‘n dankbare mens.
Dit is dan uit dankbaarheid dat ‘n mens se hart uitreik na God. ‘n Dankbare mens, ongeag sy of haar omstandighede, is iemand wat reageer op God se liefde.
Dankbaarheid is nie ‘n goedkoop gevoel nie: ‘n Mens kan te midde van seerkry en swaarkry tog nog dankbaar bly. Selfs – of juis in teenspoed kan mens nog dankbaar wees vir God se liefdevolle teenwoordigheid.
‘n Dankbare mens soek daarom met verlange na eenwording met God. Daar is die behoefte by ‘n dankbare mens om te reageer op al die seëninge wat God oor ‘n mens se pad laat kom en wat ‘n mens se lewe vul. Die dankbare mense soek God op en woon in God se liefde.
Terwyl ek my leeswerk hieroor doen, tref dit my dat ons desperaatheid oor ons onvervulde lewens, ironies genoeg, groei uit ons onvermoë om dankbaar te wees.
Deur dankbaar te wees, gebeur daar iets verborge met die mens: in dankbaarheid teenoor God vir alle seëninge wat die mens ervaar, gee die mens te kenne dat hy of sy nie die middelpunt van sy of haar bestaan is nie. Dankbaarheid beteken om vry van jouself te wees. Dit beteken dat ‘n mens sy of haar bestemming alleen in God raaksien. En daarmee begin die proses van eenwording: want wat die mens in dankbaarheid beleef, soek hy of sy om in sy of haar lewe al hoe meer te soek.
Wie dus naby aan God wil wees, geborge in die intimiteit van God se teenwoordigheid, moet begin om met ‘n dankbare hart te leef.

No comments:
Post a Comment
Note: Only a member of this blog may post a comment.