Thursday, January 19, 2012

'n Akademiese tuinparadys

Ons is op besoek in Bangalore, een van die bekendste stede in Indie. Die stad staan egter nie 'n tree agter vir Delhi nie. Die verkeer is net so erg. En die armoede is ook duidelik te sien.


Maar met die besoek aan die Universiteit kom ek agter waarom Indie tans een van die vinnig groeiendste lande op aarde is. Hierdie private universiteit, Christ University, in die hande van die Karmeliete, is 'n lewende bewys van hoe ryk hulle in menslike kapitaal is en hoe indrukwekkend hul akademiese opleiding is. 

Hier is 'n paar foto's:

Die indrukwekkende ingangsportaal van die hoofgebou van Christ University met sy reuse kunswerke:




Die binneplein van een van die gewone geboue het 'n groot kunswerk:




Die luukse ouditorium van die Universiteit waarin vanoggend se belangrike voorlesing deur 'n Amerikaanse spreker aangebied is, kan 2 200 mense huisves. Dit is glo een van die bes toegeruste ouditoriums in Bangalore.





Die kampus is op 'n reuse stuk grond, hektare groot, omring deur twee strate waar hondsdol voertuie die blou hel uit jou jaag. Maar in die afgeslote, groot tuin-kampus kom jy niks daarvan agter nie. Hier is 'n kykie op die tuin-atmosfeer, naby die hoofgebou:






Orals is daar klein kunswerke. Die akademie het hier 'n duidelike estetiese karakter. Hier is 'n voorbeeld daarvan: dit is 'n Christus-figuur, in 'n meditatiewe sit-posisie, saam met sukkulente-plante uit Indie se woestyn-gebiede:




 Hier is 'n ander, weer eens met n sterk inheemse karakter, met 'n moderne universiteitsgebou in die agtergrond:




Die volgende blog skryf ek meer oor die universiteit.

No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.

Blog Archive