Friday, January 13, 2012

Seuntjie in die see

Seuntjie, vir die Kerstyd op besoek uit die verre land, nou in 'n wintergreep, by ons geliefde strandplekkie, is uitgelate oor die see, die son, die strand en sakke vol seëninge.


Hy verloor homself in die woelige seewater.





Daar is by hom 'n grenslose uitbundigheid. Woes, met 'n wilde swaailyf, bespring hy die branders. 


Daar is 'n onmiddellikheid in sy konneksie met die woelige see-waters. 


Kees, pratende oor sokker, het van hierdie onmiddellikheid as mistiek gepraat, onthou ek as ek na sy foto's kyk. Ek sien die onmiddellikheid in 'n seuntjie se belewing ook. Dit is belewing.




Roekeloos waag hy dit bietjie diep in. Net die kop steek uit, want daar is 'n dieperige sloot op die plek waar die stroom hom neem. 


Hy is darem op pad terug strand toe.


Op die strand is daar ook 'n wakende oog of twee wat kyk dat dinge reg loop. 


Hy steur hom nietemin nie daaraan nie. Dit is net seuntjie en sy see-tyd - roekeloos, maar ook bedag. Hy geniet van alles. Bietjie waag en bietjie wen. 







Dit is nie verniet dat God as Vader gesien word nie. Die wêreld word immers deur vele levenslustige seuntjies en meisietjies bewoon. Hulle weet, soms roekeloos, uitbundig, waagsaam, die lewe is mooi.


Maar gelukkig is daar ook 'n wakende Oog. 

No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.

Blog Archive