Sunday, January 29, 2012

Ook die skadu's by die mooi

Die laaste naweek van ons besoek, kom ons uit by van die mooiste dele in Indië. Ons reis na 'n woud naby Palackad en bly die aand in Nelliyampathy in Kerala. 

Dit word 'n boeiende reis, met tonele van 'n reusedam, groen tee-plantasies, stokou bome en, dan, vir my, die blomtrosse wat 'n prieel vorm by die ingang van die oord waar ons bly. 

Ons sien 'n kant van Indië wat 'n mens, na al die verkeer, armoede, bouwerk, mense-massas, nie gedink het moontlik is nie.

Skoonheid vind ek in die dam, omsoom met reuse-berge:





Tee-plantasies:



Mooi lyk die prieel van blomme by die kantoor van ons blyplek:





Maar eers van naby bekoor die leeubekkie-agtige blomme in die geel-rooi-groen kleurespel:




Reuse goliatterige bome staan die woud vol. As 'n mens mooi kyk, sien jy, minuskuul, my twee kollegas, onder na die regterkant van die boom se stam, terwyl hulle op 'n swaai sit:








Ook te midde van hierdie prag, laat die mens sy teenwoordigheid blyk. Besoedeling is 'n manier waarop mense die natuur se skoonheid verbykyk:



No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.

Blog Archive