Sunday, January 22, 2012

Die Wyse Jesus

Ons gashere by die Universiteit in Bangalore verduidelik vir ons dat ons die Indiese kultuur nie kan begryp as ons nie sensitief is vir die hoogs simboliese aard daarvan nie.

Ek dink skielik aan die Bollywood films waarin die dansers, mans en vroue, kort-kort op die onmoontlikste tye skielik verspot begin ronddans met allerhande gebuigde palms en hande en kniee.

Wat vir my laf gelyk het, hoor ek nou, is in werklikheid hoogs gesofistikeerde taal. Daar word deur dans, sonder woorde, heel kompleks met die gehoor "gesels". As jy die tekens verstaan, kry die danse laag op laag van betekenis.

Toe neem hulle ons op ons toer deur die kampus, veral trots op hulle "guru Christus". Hier gebruik hulle die ou, ou tradisie van die lewenswyse guru wat sy aanhangers in die waarheid inlei, om Jesus uit te beeld. In Hom vind ons die egte guru, gee hulle te kenne.

Ek kyk verwonder. Nuwe lande, nuwe dinge en nuwe maniere na jou eie geloofsgoed.

Hier is foto's:

Op die voorkant van die kapel, is hierdie reuse uitbeeding van die Guru Jesus. Die mistieke gesig is duidelik.



Kyk na die hande van die Guru Jesus: hy gebruik die simboliese handgebaar wat die kyker vra om nie te vrees nie. 



Hierdie Guru Jesus het as 'n stralekrans, 'n baie ou Indiese simbool. 


Kyk weer na die handgebaar van vrede. 



Die wysheid het na haar kinders gekom, skryf Matteus oor Jesus, en hulle het hom verwerp. Gelukkig nie almal nie.....




No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.

Blog Archive