Jy kan soms dieselfde dinge heel anders vanuit 'n ander hoek raaksien.
Kyk maar hoe anders 'n mens die gewone beeld van die aarde kan bekyk:
Kyk maar hoe anders 'n mens die gewone beeld van die aarde kan bekyk:
SO
OF SO:
Dit gebeur elke dag met ons. Ons raak afgerem in ons ervaring van dinge om ons.
Ons sien elke dag ons omgewing sonder om dit raak te sien. Ons leef in ‘n plek, maar dit is net ‘n agtergrond tot ons rondhardloop en besig-wees. Ons kyk maar net op een manier na wat om ons aangaan.
Die
wêreld waarin ons leef
trek eintlik nie ons aandag nie.
Ons
sien dit nie raak nie.
Dit
is soos om ‘n nuwe motor te koop: aan die begin is dit spesiaal. Jy ruik die
binnekant, voel hoe nuut dit ry en hoe anders jy dit moet stuur. En dan raak
dit alles outomaties. Binne drie weke is die motor maar net nog ‘n item in jou
lewe wat jy gebruik. Todat iemand in jou motor inklim en sê: “Dit is ‘n lekker ryding.” En jy weer
bewus raak van die motor self.
Dit
kos partykeer ‘n spesiale sonsondergang om ons bewus te maak van die wêreld om ons en hoe mooi dit kan
wees. Of ‘n besoeker kuier by ons en kan
nie uitgepraat raak oor die plek waar ons bly nie. Of, op ‘n oggend, sien ‘n
mens verwonderd ‘n houtkapper sommer hier voor jou op die grasperk aan die wei.
Of
iemand praat met waardering oor wie jy is, oor jou gemeenskap, jou dorp, jou
land. En maak jou trots op waar jy bly en hoe dit jou lewe gestuur het. Of jy
lees ‘n storie oor die wêreld waarin
jy groot geword het en jy verkneukel jou daarin.
Of
iemand skryf aangrypend oor die pyn en lyding in die wêreld wat ons met nuwe oë daarna kyk. Hulle woorde laat ‘n mens dan
anders as voorheen na die wêreld kyk.
Jy
kyk dan met nuwe oë na jou eie
wêreld. Dit is asof jy
dit vir die eerste keer sien.
Maar
sulke oomblikke van bewuswording is skaars. Hulle glip ook te maklik by ons
verby. Dit is ‘n tragedie, want die wêreld
is ons tuiste. Ons leef daar sonder om dit ten volle te waardeer en te ken.
Dit
is ‘n lewenskuns om gereeld weer jou wêreld
te herontdek. Dit is ‘n geestelike oefening. Jy word deel van ‘n
ontdekkingsreis wat moontlik word omdat jy die waarde van die wêreld besef en waardeer. Die groot
uitdaging vir ‘n gelowige mens is om sy of haar wêreld met nuwe betekenis te vul. Doelbewus.
Berekend.
Gedurig
moet ‘n mens besig bly met die vraag na jou eie wêreld.
Immers:
wat is ‘n mens sonder die wêreld? Die wêreld waarin ons bly, vorm ons. Dit is
die natuur, die skepping en alles wat daarmee verbind is, wat ons maak wat ons
is. Al ons ervaringe is gekoppel aan die skepping en uit daardie ervaringe leer
ons hoe om te leef, wat goed is en wat ons moet vermy.
Wat
is ons wêreld dan?
Hoe lyk die skepping? En waar raak ‘n mens bewus van God se teenwoordigheid in
die wêreld? Hoe ontdek ‘n
mens?
Ons
ontmoet God in die natuur en in alle geskape dinge en mense om ons. In die
geestelike reis oefen ons ons om elke dag opnuut in verwondering te staan oor
die diepte en rykdom van mens-wees, oor die skoonheid van die plek om ons, oor
die uniekheid van die aardbol – dus oor die skepping. Dit laat ‘n mens
oorstelpt staan dat jy, wanneer jy jou daarop instel, God in al die baie
dimensies van die skepping aan die werk kan sien.
Maar
die wêreld is meer as net die
blote natuur as konkrete plek en ruimte en meer as net alles wat geskape is.
Soms
is die wêreld
anderkant al die bekende dinge wat ons elke dag sien. Die wêreld is ook die verlede, die
geskiedenis, dit wat verby is en wat verby gaan. Deel van ons wêreld is veder ook die onsigbare, die verborge dinge,
dit waarvan ons nie altyd bewus is nie – maar wat tog daar is, wat tog deel is
van ons bestaan in die plek wat ons ons tuiste noem. Ons moet hierdie
onsigbare, grote wêreld ook
onthou en soek. Pyn, lyding, sterflikheid, nietiging, verganklikheid, dood en
lewe – alles is deel van ons wêreld. Ons
geestelik reis is ook ‘n reis deur hierdie wêreld.
Deel
van ons geestelike oefening is dus om hierdie verborge, weggesteekte, soms
selfs donker kante van die wêreld te
bedink. Dit kan wonderlik ontnugterend, versoberend, relativerend werk, veral
omdat jy ontdek dat jou ou bekende, bedompige klein wêreldjie nie die begin en einde van alle dinge
is nie. God is ook in die veel groter, omvattender en verborge ruimtes
anderkant ons eie wêreld te
vind. Trouens, dit kan ‘n spesiale geestelike ervaring word om te bedink dat
hierdie wêreld ook in
sy verganklikheid betekenis vind.
Ekologiese
spiritualiteit wil ons steeds weer herinner dat God met ons ‘n verhouding
aanknoop wat ons ook op ‘n nuwe manier na die wêreld laat kyk: wie deur God aangeraak is, kyk
ook met nuwe oë na God se
sigbare en onsigbare skepping. En ‘n nuwe mens omhels die skepping soos God dit
bestuur het. In alles daarvan, in die paradys en die slang, in die lig en die
donker, in die aarde en die see moet ‘n mens God se hand kan raaksien. Wie so
omgaan met die skepping, vind daarin ‘n tuiste wat hy of sy hartstogtelik lief
het. Niks, nog oos, nog wes, kom by die tuiste nie – in al sy dimensies.
Die
geesvervulde mens kyk met nuwe oë na die
skepping.
Dit
is ‘n gawe om die wêreld om jou
te kan sien. Maar, en Waaijman noem dit die derde dimensie van ekologiese
spiritaliteit: daarvoor moet jy op ‘n ontdekkingsreis gaan.