Monday, May 13, 2013

Ontsetting oor God se totale andersheid. Die angs vir die goddelike.


Edvard Munch het in 1895 hierdie skildery gemaak. Getitel, Die Gil, beeld dit die angs van die moderne mens uit. Dit is een van die bekendste skilderye wat ooit gemaak is. 

Merkwaardig - daardie hemelkleure...

Ek is besig om na te dink oor die motief van vrees vir God. Hoe meer ek daaroor lees en werk, hoe meer oorweldig dit my dat dit so 'n sentrale motief in spiritualiteit en in die Bybel is.

Vandag lees ek Augustinus se opmerking oor goddelike vrees raak. Hy skryf:

"God vul my met ontsetting en met brandende liefde. Met ontsetting in soverre as wat ek totaal anders as God is. Met liefde omdat ek so na aan God is." 

Ontsetting oor God se totale andersheid. Ons het God so netjies in ons lewens "tuisgemaak" en gedomestiseer. 

Ons ken nie meer ontsetting nie. 

Soos daardie dag toe die vroue in ontsetting gemaak het dat hulle van die oop graf weggekom het... 



No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.

Blog Archive