Wednesday, May 29, 2013

Om vrees te aanbid

Die moedigste en dapperste van Grieke, weet ons almal uit die antieke geskiedenis, was die Spartane. Hul braafheid was in hulle en in later tye legendaries.

Om dapper en braaf te wees, het die Spartane geredeneer, beteken nog nie dat 'n mens vreesloos is nie. Dit is vir hulle nie 'n skande om te vrees nie. 

'n Dapper mens ken alleen maar een slegte vrees - en dit is om in skande te beland.

Vir die res is 'n dapper man vol vrees dat hy deur iemand bestraf sal word wanneer hy verkeerd optree. Mense wat veral versigtig is om alle wette en voorskrifte na te kom en bang is hulle sal oortree, is gewoonlik die dapper, brawe helde. 

Daar is dus 'n slegte vrees, wat angs en papbroekerigheid oproep. 

Maar dan is daar 'n goeie vrees - die vrees wat te doen het met ontsag en eerbied. 

Die Grieke het daarom 'n god gehad wat hulle Phobos genoem het. Die god se naam was dus Vrees. En die god het hulle vereer as die tweede belangrikste van al hulle gode. 

Hulle het geweet: 'n lewe van eerbied en 'n ontsag vir wat reg is en goed is, maar 'n mens werklik gelukkig. 

Antieke volkswysheid: uit hierdie eerbied vir wat reg is, kom ons moderne demokrasie. Dit is 'n sosiale orde wat op die oppergesag van die reg gevestig is. 

En ons weet hoe lyk 'n samelewing waarin  mense geforseer moet word om dinge te doen eerder as wanneer mense dinge doen sodat hulle nie skandelik optree nie.

Volkswysheid wat maak dat 'n mens 'n gesonde samelewing het.

No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.

Blog Archive