In ‘n Seinfeld episode sien Elaine verslae hoe die nuutste van haar kêrels in ‘n beswyming gaan elke keer as hy hoor dat die lied “Desperado” gesing word. Later, op advies van Jerry, probeer Elaine op haar beurt die kêrel beïndruk deur ook ‘n lied te kry wat haar in ‘n beswyming laat raak.
Die kêrel is dikvies as sy hoog op haar song raak en sit dit summier af. Niks mistieks aan wat sy luister nie. Sy probeer nog vriendelik om Desperado dan maar “hulle” albei se song te maak, maar hy wil niks weet nie. Desperado is “sy” song en hy deel dit met niemand nie. (Sien http://www.youtube.com/watch?v=C_kCR5yQpY0, maar moenie die verrassende slot mis nie).
Ek verstaan hoekom die kêrel so oor Desperado voel, veral die weergawe wat deur die Eagles self geskryf is.
Daardie eerste klavierklanke, net enkel, eenvoudige note, begin deur die regterhand en dan in donkerder versie oorgeneem deur die linkerhand tot daardie laaste ryk, liriese basnoot in die voorspel, neem mens reguit in ‘n beswyming.
Desperado word beskou as een van die 500 grootstes van alle tye. Die song is oor baie jare deur Glenn Frey geskryf. Don Henley sing dit met sy rustige stem en draai die woorde toe met so 'n rokie heserigheid.
Die lied is daarna oor al die jare deur bekendes gesing – Kenny Rogers, Johnny Cash en Westlife – al daardie mense wat skoonheid herken en dit hulle eie maak wanneer hulle daarmee te doen kry.
Op die oog af is dit ‘n stadige, meesleurende ballade oor ‘n cowboy wat hom nie aan die liefde wil oorgee nie. Hy het heinings, afskortings, mure om hom opgebou.
Daar is 'n treurige ondertoon aan die lied. Dit gaan oor mense wat die mooi dinge in die lewe jaag sonder om werklik by die allermooiste uit te kom. In die klein skoonheid om hulle, beleef hulle pyn en honger. Hulle skepin hul soeke na die goeie, afstand en afwysing teenoor dit wat eintlik waardevol is.
So volg ‘n mens die woorde van hierdie raaiselagtige, tergende lied oor ‘n mens se verskeurdheid tussen die mooie en die Mooie, tussen alles wat goed en lieflik is en dit wat die hoogste is en wat alleen vir jou vervulling kan skenk. Dit is 'n liefde oor die dwaasheid om te wil dink dat daar dinge is wat groter as die liefde van iemand is. Come to your senses. Jou vol lewe is eintlik ‘n lewe ‘n van leegheid. 'n Vol lewe, ‘n goeie lewe, kan ‘n tronk wees, kan jou in konstante alleenheid opsluit.
Daar is min songs wat so ‘n slotwoord het.
Hier is die lirieke:
Desperado, why don't you come to your senses?
You been out ridin' fences for so long now
Oh, you're a hard one
I know that you got your reasons
These things that are pleasin' you
Can hurt you somehow
Don' you draw the queen of diamonds, boy
She'll beat you if she's able
You know the queen of heats is always your best bet
Now it seems to me, some fine things
Have been laid upon your table
But you only want the ones that you can't get
Desperado, oh, you ain't gettin' no youger
Your pain and your hunger, they're drivin' you home
And freedom, oh freedom well, that's just some people talkin'
Your prison is walking through this world all alone
Don't your feet get cold in the winter time?
The sky won't snow and the sun won't shine
t's hard to tell the night time from the day
You're loosin' all your highs and lows
Ain't it funny how the feeling goes away?
Desperado, why don't you come to your senses?
Come down from your fences, open the gate
It may be rainin', but there's a rainbow above you
You better let somebody love you, before it's too late