Monday, May 06, 2013

Vreemd hoe die vlam steeds brand… Oor liefde

Soms hoor 'n mens 'n lied wat jou dadelik tot stilstand bring. Die melodie is meesleurend, die klanke ryk, die stemme spesiaal.

So 'n lied hoor ek vanmiddag. 


Hier is die woorde:

You fill my sweetest dreams
You fill my sleep
You fill my heart with love
You make my life complete
When all is said and done
Darling I know you're the one

Lying in my lonely bed
Thought about you as the moon
Listening to the sad songs down below
Thought about you as the tune
Wish that I could let you know
I think about you as the sun
So you're everywhere I go
My darling I know you're the one

The one I long to see
To drown myself in you
Surround myself safe in your arms
Forever

Darling I know you're the one

Funny how the circle turns
Funny how the flame still burns
Now that all is said and done
Darling I know you're the one

Wherever you go
I'll always know
Darling I know you're the one
You're the one
Darling I know you're the one 


Die sanger, Shane McGowan, sing saam met Moya Brennan hierdie lied van Michael Kamen met die titel: "You're the one".

Dit is opgeneem in die klankbaan van die fliek: “Circle of friends.”

Die stemme van albei die sangers vertel op hul eie 'n hele verhaal. Die sanger het 'n skor, diep stem - presies die teenoorgestelde van die vrou wat die duet saam met hom in 'n meesleurende, roerende stem sing.

'n Mens hoor aan die man se stem die las van 'n lang geskiedenis. Hy, sê die bronne, is berug. Sy Ierse bloed slaan onmiskenbaar uit in sy wilde lewensverhaal. Hy kwalifiseer nie juis as 'n hoofseun nie. Die misbruik van dwelms het hard op sy stem gewerk. Selfs sy eie band het hom weens onprofessionele gedrag uitgegooi.

Iemand skryf as kommentaar oor sy stem en oor hare: “What a voice and the bird aint bad either.”

In die lig van hierdie konteks, kom die lied oor as ‘n egte liefdeslied. 


"Ek dink aan jou as die maan, as die son."

Maar dit is die refrein wat insak: "Jy is die een." Daardie intuïsie - jy weet. Aan die einde van die dag, is daar die klare besef en die sekerheid. 


Maar daar is ook seerkry en verlatenheid - die eensame bed, die treurige liedere, die verlange.

Miskien is dit juis die alleenheid, die afsondering wat die wete so helder na vore bring.

Só lyk die liefde: dit is so helder in 'n mens se gemoed afgeëts juis wanneer 'n mens sonder die liefde is.

Of: mistieke antifrase. Juis in die afwesigheid is die liefde.


Hier is die snit, geneem uit die fliek:



Blog Archive