Thursday, January 30, 2014

Bo taal, bo begrip en beperkinge....

Jesaja 40:22 is een van die verse wat vir 'n mens laat besef hoe beperk taal en verstand is.

"God het sy troon bokand die hemelkoepel, die aardbewoners is vir God soos sprinkane. God span die hemel oop soos 'n tentdoek, oop soos 'n tent vir die mense om onder te woon. God maak die vername mense tot niks, die heersers van die wêreld asof hulle nie bestaan nie."

So 'n teks teken 'n vertroue in 'n God wat heeltemal anders is as wat 'n mens jou voorstel. Of wat anders dink as wat mense redeneer.

Verhewe.

Jesaja voeg by in vers 25: "Met wie kan julle My dan vergelyk, wie is soos Ek?"

En die laaste frase, "vra die Heilige."


Heilig, verhewe, anders.

En dit werk bevrydend. Want in ons klein, geslote en verstikkende bestaan is die mensheid onvry, vasgevang in klein idee's oor wie God is.

Gelukkig. God is groter. Bo taal, bo verstaan en bo al die beperkinge van menslike begrip.

Heerlik. 

Blog Archive