Saturday, January 11, 2014

Die veranderinge in spiritualiteit


Spiritualiteit het in onlangse tye groot verandering ondergaan.

Tradisioneel is spiritualiteit ingestel daarop om 'n dieper betekenis in die lewe te vind om tot innerlike vrede en vervulling te kom. 'n Mens is deel van 'n tradisie of struktuur wat geborgenheid, sekerheid en kennis gee. Spiritualiteit is daarom verbind met bekende tradisies wat kennis en sekerheid gegee het.

Maar tans is dit nie meer die geval nie. As 'n mens kyk hoe mense oor spiritualiteit praat, lyk dit asof daar groot verskuiwings plaasgevind het. 

Huidige vorms van spiritualiteit veronderstel 'n kontinue soeke. 'n Mens se reis mond nooit uit in innerlike vrede nie.  Die mens leef nie 'n sinvolle lewe en 'n rustige bestaan nie, maar is as nimmereindigende pelgrim gedurigdeur op weg. Hierdie reis is gevul met verskillende ervaringe wat nie noodwendig netjies bymekaar hoort nie. Dit is nie duidelik hoe mense spiritualiteit vul nie.

Vir vele mense het spiritualiteit kompleks geword. Dit omvat verskeie ervaringe, perspektiewe en gedagtes. Niks is presies duidelik en netjies uit te lê nie. Veel hang af van 'n spesifieke mens en sy instellings. Spiritualiteit word nie met 'n spesifieke godsdienstige tradisie en sy inhoude verbind nie. Spiritualiteit het 'n sterk subjektiewe trek begin vertoon.

Maar, sou 'n mens kon vra, het spiritualiteit dan nie tog 'n vaste kern van betekenis nie? Kan 'n mens dan nie iewers spiritualiteit beoordeel en toets aan sekere inhoud, kennis en insigte nie?

Oor die nuwere verwikkelinge wil ek bietjie nadink.

Blog Archive