Só, soos in die prentjie, voel ek byna toe iemand my onlangs vra watter kerk ek besoek noudat ek in spiritualiteit werk.
So asof spiritualiteit jou op die buite-paaie, in die sekte's, weg van bestaande kerke neem.
En dit terwyl spiritualiteit 'n belangrike, groeiende beweging veral binne gevestigde kerke is.
Waarom, wonder ek dikwels, is die woord spiritualiteit so 'n moeilike begrip vir mense? En waarom die idee by sommige mense dat spiritualiteit eksklusief is?
Miskien is 'n enkele, groot oorsaak dat 'n mens van spiritualiteit praat.
Dit is asof die woord sukkel om met mense te kommunikeer?
Waarom? Die woord self is gevul met betekenis en inhoud. Hoe kort is immers die afstand van spiritualiteit na "Spirit"? En iewers moet tog 'n verbinding gelê kan word met Holy Spirit.
Dit is tog opvallend dat 'n woord soos heiligmaking tot 'n groot mate verwantskap met spiritualiteit vertoon. En hier is, weer eens, 'n verbintenis met die Heilige Gees.
En, om nog 'n enkele voorbeeld te neem: pinksterbidure wat ten nouste met die uitstorting van die Gees (Hand 2) verbind word, is 'n sterk tradisie in die gereformeerde kerkelike wêreld.
Vreemd dus - die gewone man se onvermoë om die begrip toe te eien.