Wednesday, January 01, 2014

Son en mistigheid

Die son, skaars op, wys gesig deur die mistigheid van vroeg-dagbreek.




So is ook die nuwe jaar: vol lewe, nuut aan krag, sag, vloeibaar, maar altyd weer so uitgestrek - as die onbekende, die mistigheid, wat wag en wat, ten spyte van al ons planne, ons neem waar ons nie altyd wil wees nie.

Des te meer tyd om altyd weer te sien, goed te kyk, en oop te wees vir wat oor 'n mens se lewenspad kom.

Vir hulle wat die lig in die Lig sien, is die ander pad 'n lewenspad.



Blog Archive