Thursday, January 09, 2014

Lank voordat 'n mens die wêreld se waarde begryp…

In die soeke na sin, val die keuse meestal op dinge wat waardevol is.

Dit beteken dikwels sake wat in die samelewing in tel is. En sin vind 'n mens in al die normale vorms van sekuriteit: 'n loopbaan en die voorspoed wat daarmee saamhang.

Die wat 'n bietjie dieper dink, vind sin in diepsinnige sake. Filosofiese gesprekke, godsdienstige wysheid is dan vir hulle waardevol. Hulle neem daaraan deel omdat dit vir hulle die lewe sinvol maak.

Die kuns is egter om bietjie afstand van die benadering te neem.

'n Mens herken die lewe as die lewe lank voordat dit sin of waarde het. Voordat 'n mens dit verstaan, is die lewe daar.

Dit is soos 'n roos. Die roos bestaan. Soos 'n soet lemoen. Of 'n landskapstoneel. Of die branders wat oor die strand spoel.


Lank voordat 'n mens sin en waarde kan bedink of toeken, is die lewe en die wêreld in sy kosbaarheid daar.

Daarom kan 'n mens tuis wees in die wydsheid van die menselike bestaan. 


Blog Archive