'n
Wyse man het 'n saak tussen twee persone aangehoor.
Na hy versigtig geluister het hoe hulle mekaar met mag en mening beskuldig en hulle verweer teen mekaar, het hy tot 'n besluit oor die saak gekom.
Die toehoorders was stomgeslaan: In sy uitspraak het hy beide
die klaer en die aangeklaagde gelyk gegee.
Na
die tyd kom iemand anders by hom kla dat albei tog nie kan reg wees nie. Een moes tog skuldig wees.
Die
wyse man het toe aan hom gesê: "Jy is reg."
Die wyse man het 'n sin vir humor gehad.
Die wyse man het 'n sin vir humor gehad.
Die
wyse man het geweet: al ons bakleierye is dikwels leeg, kleinlik en daarom ten koste van onsself. Ons is
so behep met en daarop ingestel om te wen of verloor dat ons nie meer weet wat werklik belangrik is nie.
En wat ons dan uiteindelik wen, of wat ons verloor is negeerbaar klein en min.
Kosbare tyd is verspil, mense-verhoudinge beduiwel en onnodige emosies opgejaag. Wat vandag so belangrik lyk, lyk môre belaglik onbelangrik.
Immers: hoeveel van die rusies uit 'n mens se verre verlede kan jy onthou?
Vandaar lyk dit asof meer humor die lewe ligter kan maak - indien dit nie 'n mens by die egte lewe uitbring nie.