Sunday, January 12, 2014

Wanneer 'n mens om lyding bid...


Die Nederlandse gesangeboek het 'n lied vir die nuwe jaar (Gesang 159).

Vers 4 van die Nederlandse oorsponklike lees as volg:

Geef ons, naar uwe liefd' en trouw,
Genoegelijke tijden;
Maar, zoo die vreugd ons schaden zou,
Geef ons dan kruis en lijden:
Versterk met lijdzaamheid ons hart
En laat ons nooit in druk en smart,
Gelukkiger' benijden.

'n Afrikaanse vertaling lui:

Gee ons, volgens u liefde en trou
aangename tye;
maar, sou die vreugde ons skade doen,
gee ons dan kruis en lyding:
Versterk met lydsaamheid ons hart
en laat ons nooit in druk en smart
gelukkiger tye beny.

Dit is 'n vers wat 'n vertroue in God as ondertoon het. Die verlange van mense om voorspoed word verbind met 'n dieper verlange dat die verhouding met God nie deur voorspoed skade sou ly nie. Eerder as wat dit gebeur, vra die gelowige mens eerder teenspoed, en, dan, die volharding om die teenspoed te kan verduur.

Liefde en trou: dit is wat tel. Só ervaar die gelowige hart vir God. God gee alles wat goed is vir die mens. Selfs teenspoed

Blog Archive