Tuesday, June 03, 2014

Die onbekende innerlike

Die omgewing waarin mense vandag leef, wemel van plekke waar 'n mens inligting kan kry. Een sin wat 'n mens op die internet se soekenjins intik, lewer vir 'n mens inligting op wat 'n mens vroeër jare weke kon vat om op te spoor.

Hieraan dink ek toe ek hierdie week in 'n oogwink 'n kaart van die moltrein-stelsel in Amsterdam op die internet soek en dadelik kry.

Rustig sit ek op die trein en hou op my kaart die verloop van my reis dop. Geen senuweeagtige rondkyk of soek na iemand wat dalk kan uithelp met rigtings aanwys nie.

Die reis verloop seepglad.

En tog, vreemd genoeg, dink ek later:  'n mens weet so min van een van die belangrikste dinge in jou lewe: jouself. En

Veral oor 'n mens se innerlike lewe is daar soveel dik lae, sê Meister Eckhart. Dik, hard en as eelte bedek dit ons innerlike lewe.

'n Mens ken nie meer sy eie siel nie.

Juis daarom is dit nodig om in stilte selfondersoek te doen. Want dit is alleen maar wanneer 'n mens jou innerlike nood ontdek het, dat die pad na vrede oopgesluit word.  Wie sy nood ken en die God wat by 'n mens in nood woon, reis rustig.

No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.

Blog Archive