Twee besoekers in twee dae vertel vir my uiters tragiese verhale oor die gevolge van die roekelose beleggingsbesigheid van 'n Kaapse sakeman wat verlede jaar in 'n skietvoorval dood is en wie se bedenklike praktyke daarna as groot skandaal in die media onthul is.
Sy optrede het 'n groot klomp mense finansiëel geruïneer. Een van hulle het verlede week nie meer lig gesien nie en hom in ons omgewing om die lewe gebring. Hy het, vertel een van my besoekers, alles verloor deur die skema van die zakenman.
Die ander een, heeltemal onafhanklik, se verhaal die volgende dag gaan oor 'n baie ryk boer wat 'n ongehoorde groot klomp geld saam met al die rente daarop, verloor het en totaal verarm is. Sy vrou het verlede jaar ook nie meer kans gesien vir wat voorlê nie.
Dit breek 'n mens se hart.
Wat 'n mens ontstel, is dat die sakeman by wyse van spreke met die Bybel onder die arm mense se geld by hulle gaan haal het. En toe in ongekende weelde homself gieriglik verryk het.
Dit is nie die eerste keer dat mense die Bybel inspan vir gierigheid nie. Trouens, dit is een van die bekende streke om goedgelowige mense deur godsdienstige praaitjies vir sulke skema's te vang.
Uiteraard vra ingeligte kerkleiers wat hulle in sulke omstandighede kan maak. Dit is immers nie net lidmate wat val vir mooi praatjies nie. Ook gemeentes het deur hul oningeligte leiders geld by die Kaapse sakeman se skema verloor.
Ek dink hieraan toe ek vandag 'n berig oor die Anglikaanse kerk in Engeland lees.
Dit was vir my 'n verrassing dat 'n finansiële kundige kort gelede tot nuwe aartsbiskop van Kantelberg verkies is.
Hy is 'n ervare besigheidsmens wat elf jaar lank in die olie-industrie gewerk het.
Hoe kom dit?
Sy betrokkenheid is veral gestuur deur die tragiese dood van sy sewe-maande oue dogter in 'n motor-ongeluk in Frankryk toe hy al 'n suksesvolle besigheidsman was. Kort daarn het hy teologie gaan studeer.
Op 'n boeiende manier het hy sy ondervinding as sakeman tot groot voordeel vir die kerk gebruik. Hy het veral in etiek gewerk en onder ander 'n boek geskryf oor die vraag of maatskappye kan zondig.
Maar hy was ook aktief in konflik-bemiddeling. Toe hy deken geword het van die grootste bisdom in Engeland (Liverpool) het hy die kerk veral gelei om in die gemeenskap betrokke te raak, onder andere by asielsoekers. Hy het ook in Irak belangrike werk gedoen om die kerk daar te ondersteun. Sy bande met die wêreld en met mense se gewone lewens is sterk.
Dit het besonder positiewe gevolge. Uiteraard doen hy weens sy hoë amp invloedryke werk en kan hy meepraat met die magte in die politiek. Wat opval is hoe sterk hy in parlementêre ondersoeke help om finansiële misstande aan te spreek. Hy het onlangs in die nuus geraak oor sy kritiek op instellings wat geld aan mense teen roekelose rente leen en hulle wreed uitbuit.
Dit is in Engeland 'n groot probleem - soos by ons. Mense is weerloos as hulle geld nodig het of as hulle aan die leen-skurke uitgelewer word.
Hy kritiseer nie net nie. Hy praat ook nie vroom praatjies nie en smous nie met goedkoop godsdienstigheid nie. Hy is ingelig en werk daar waar dit werklik saak maak. Hy bring die kerk in die wêreld in en maak dit 'n actiewe rolspeler in een van die mees korrupte samelewingstrukture van ons tyd.
Wat veral betekenisvol is, is hoedat hy die infrastruktuur van die kerk gebruik om mense finansiëel by te staan. Die kerk gaan 16,000 gemeentes in Engeland gebruik om krediet-unies op te rig wat mense kan help met raad oor geldsake. Hulle gaan mense oplei wat kan keer dat lidmate prooi word van onetiese leen-instellings.
'n Belangrike persoon in die finansiële wêreld en vorige hoof van die Finansiële Diensteburo, noem die Anglikaanse kerk nou die beste takke-netwerk in die land.
Is dit die werk van die kerk, sou 'n mens kon vra? In 'n nuwe tyd, in nuwe omstandighede sou 'n mens seker kon dink hoe 'n groot finansiële diens die kerk kan lewer vir kwesbare mense. In 'n sekere sin doen die kerk dit al: voorheen bekend as armsorg, toe barmhartigheidsdiens en nou ook gedoen as opheffingwerk. Maar dit is alles remediërend, werk teen skade wat reeds gedoen is, teen armoed wat ingetree het.
Die werk kan sinvol uitgebreid word as voorkomende optrede - om te keer dat mense verarm. Op 'n sekere manier gedoen, kan dit 'n belangrike deel van die kerklike werk word in 'n samelewing waar mense harteloos uitgebuit word.
Trouens, eerder as om hulle geld in die beurs en sake-eiendom te belê, kan die kerk maar ook 'n keer begin nadink om daardie geld vir mense te leen (eerder as te gee) of om saam met etiese sake-instellings met bewese ervaring hieroor te werk.
Daar is goeie rede's om dit te doen, al vra dit van die kerk om dit met moeite en kundigheid te doen. Dit is 'n mynveld met baie risiko's. Nie net lidmate of gemeente's kan baat nie. Ook die sake-wêreld kan baat as die kerk met 'n etiese instelling en 'n spirituele passie in samewerking tree om uitbuiting van mense te voorkom, om finansiële advies binne gemeentes te ko-ordineer, om sakemense aktief in te span op gemeente-vlak en om belangrike berigte in die media oor sakebedrog onder gemeentelede se aandag te bring.
Dit kan 'n kragtige transformatiewe inwerking hê, 'n getuienis vir die kerk se omgee vir mense se gewone behoeftes word en die kerk 'n gesig gee in die sakewêreld se slegste omgewing. So 'n betrokkenheid is in ons tyd 'n teken van die gees van Christus, die Een wat soveel omgegee het vir die weerloses en die uitgebuites van sy tyd.
Die tyd is inderdaad ryp vir die kerk om hieroor met die sakemense te begin praat, om in vergaderings hieroor te besin, maar ook, dalk, om die aartsbiskop van Kantelberg uit te nooi om sy siening oor die kerk en finansies te deel.
Die kerk se geestelike instelling hou nie op by bekeringsprediking en aalmoese uitdeel nie. Die teologie het lankal ontdek dat die samelewingstrukture, veral dié wat die armes veronreg, ook vanuit die evangelie aangespreek moet word. Aalmoese is 'n tydelike oplossing. Dit is veel sinvoller om ook te werk aan strukture wat mens in hul armoede verder seermaak.
"Aanspreek," leer ons van die aartsbiskop, beteken meer as vinger--swaai op die preekstoel. Dit beteken ook om konkreet daaraan te werk en iets daaromtrent te doen. Die kerk kan inderdaad 'n hoogs effektiewe takke-netwerk vir 'n regverdige finansiële bestel word - sonder dat dit die wese van die kerk as geestelike instelling hoef aan te tas. Trouens, so 'n betrokkenheid kan 'n getuie wees van hoe ernstig die kerk sy verstaan van die evangelie uitleef. Daar is in elke gemeente sekerlik bekwame mense met 'n Geesgedrewe lewe wat kan meedoen en 'n lewensbepalende verskil in die opsig kan maak. Die grafte van goeie, gelowige mense wat die prooi wat gewetenlose gierigaards word, roep vir oplossingen. Meer nog: die evangelie van ontferming en omvorming eis dit.
http://www.ft.com/cms/s/0/e810b98c-fc84-11e3-81f5-00144feab7de.html#ixzz35in1UY1S

No comments:
Post a Comment
Note: Only a member of this blog may post a comment.