Dit het vir my ook gelyk of Suarez gisteraand sy Italiaanse teenstander op die skouer gebyt het en as 'n mens die video bekyk, kan jy nouliks anders dink.
En nog 'n fiasko breek los. Die wêreld praat die volgende paar dae hieroor.
Die heiligheid van die spel is aangetas, voel hulle vies.
Maar hulle staan ook verslae voor die verskynsel dat 'n sokker-genie wat 'n spel so subliem kan speel, wat in een doelskop 'n klein volkie se bors laat swel omdat magtige Engeland se sokker-drome verpletter is, tot so 'n vlak kan daal.
Die mees simpatieke opmerking wat ek raaklees, nou, na al daardie briljantheid, grootliks vergete, is dat ook sokker-genieë feilbare mense is.
Die manne is aan die beduie.
Die wêreldbeker is ongekend in sy invloed op mense. Dekade's na hul roemryke prestasies, onthou liefhebbers nog hoe 'n speler 'n doel geskiet het. Jou plekkie in sportgeskiedenis bly groot wanneer daardie bal oor die wit streep van die doelhokkie rol. Of oor daardie stompsinnige sotterny wat jy aangevang het. Soos gisteraand.
Mense vergeet nie. Hulle onthou byvoorbeeld hoe Suarez reeds twee keer sy teenstanders gebyt het. En hulle ruk dadelik daardie snitte uit hul argiefie en sit dit op die net. Of hulle onthou hoe hy Patrice Evra op 'n rassistiese manier behandel het en later geweier het om sy hand te skud.
Watter wonderskone sport kan sokker nie wees nie, veral as 'n span bedrewe is, saamspeel, 'n strategie het en boonop topfiks is. Nederland is een van my gunstelinge: as Arjen Robben of Schneiders op spoed is, is dit sport op sy beste.
Maar dit is nie net spoed, vloeiendheid, strategie en styl wat 'n mens laat vergeet jy moet ook ander dinge doen nie - daar waar jy vasgenael voor die kassie sit.
Daar is die sweet wat die spelers se hemde sopnat het en vertel van top-inspanning. Die stampery en stoeiery laat jou besef dit is harde stryd, ongenaakbaar, taai, aggressief, bruut en gedrewe.
Daar is die futiele, woedende, hande-swaaiende onderonse met die skeidsregter - elke keer weer tevergeefs. Hoeveel keer flits dit deur 'n mens se gedagtes: "Dink jy nou werklik jy gaan deur jou beduiery keer dat daardie man sy geel kaartjie uit sy agtersakkie gaan pluk? Vergeet jy dan wat mag is?"
Dit is op 'n keertje dink jy, weer die meer wyse speler wat die skeidsregter vriendelik op die skouer klop of vir hom 'n ontwapenende glimlag gee. Skeidsregters is immers ook mense wat vriendelik behandel wil word (en dan vriendelik optree...).
En die sportmangees, die wete dat 'n spel is, sien 'n mens in die handskud aan die begin en einde van die wedstryd, in die uitruil van truie en hoor jy in die kameraderie wat sokkerspelers dikwels oor die wêreld heen met mekaar deel.
Jy sien die dieper dinge in die hartjie wat die speler met sy hande vorm, opgedra aan die geliefde, na die skop van die bal.
En deel van hierdie maalkolk van sokker-wees, is daar die verbysterende invloed van die spel, die ongekende voordele wat dit vir die topspelers meebring:
In 2001 woon Robben nog as 16-jarige in Bedum by sy ouers in Bedum, Nederland. Toe droom hy nog oor die toekoms. Vandag speel hy vir Bayern Bayern München en sit R50 miljoen in sy beursie....
Maar alles is so vlugtig, die roem. Onderstreep deur die byna paniekerige pogings van spelers om die vreugde van daardie doelskop nog langer te beleef: die inloer in die kamera, die vreugdekringe na die fans se sitplekke en die hande-swaai om die skare nog harder te laat juig.
Maar dan, meedoënloos, sekondes later, begin alles van voor af. Wat agter is, is verby. Hier word weer vorentoe uitgestrekt.
Tyd rol aan. Byna niks is blywend nie.
Uiteindelik, as 'n mens alles agtergelaat het, bly alleen maar die wete van goedheid en guns. En hoe dit na 'n mens kom in die tye van soet en skande op dikwels onverwagte maniere.
Hoe kan 'n mens anders om by al die mooi- en donker-kante maar humor te behou. Hier is twee mooi voorbeelde:
Suarez volgende seisoen:
https://twitter.com/JonesMartyn/status/481494189377851392/photo/1
"Dit kon nie ek gewees het nie..." Suarez aan die skeidsregter:
https://twitter.com/HuffPostUKPics/status/481503995291525120/photo/1

No comments:
Post a Comment
Note: Only a member of this blog may post a comment.