Psalm 111:10 is 'n vers wat diep in gelowiges se geheue veranker is:
"Die vrees van die Here is die beginsel van wysheid."
Dit is die einde, maar ook die klimaks van die Psalm. Dit is die punt wat die Psalmis wil maak - waarom hy die stuk skryf. Hy wil skryf hoe 'n mens met ontsag ontdek wie God is.
Hierdie opmerking oor die vrees van die Here word deur twee ander frase's gevolg:
Eerstens: Almal wat dit beoefen, het 'n goeie verstand - so lui die 1953 vertaling. Waaijman vertaal dit: "wie God se gebooie navolg, het 'n goeie insig." Dit is waaroor hy in verse 7 en 8 gepraat het.
Tweedens: Aan God kom ewige lof toe (vgl. "Sy lof bestaan tot in ewigheid.")
Waarom hierdie spesiale verhouding van vrees, gehoorsaamheid en lof? Hoe speel hulle op mekaar in? Kan 'n mens vrees, terugskrik, maar ook aangetrokke wees, nader gaan, vir God volg deur gebooie na te kom? Kan 'n mens in angs terugstaan, maar tog ook weer vir God prys (vers 10), God van ganser hart loof (vers 1)?
Die eerste deel van die Psalm help die leser met hierdie vrae:
Reeds in vers 1 loof en prys die Psalmis die Here. Die rede is duidelik: God se dade en werke is groot (vers 2) en wonderlik. God het alles besonder en heerlik geskape, vir Israel gered, vir hulle 'n woonplek gegee, maar ook vaste "bevele" wat betroubaar is. Dit trek aan, betower, laat 'n mens in verwondering.
Maar: God se naam is "heilig en vreeslik" (vers 9). Vrees vir die Here - dus. God werk anders as mense, doen dinge vir ewig.
Wanneer 'n mens die wonderdade van God sien en bekyk, skryf die Psalmis dus, bring dit 'n mens in ontsag en vrees voor God. Omdat dit inderdaad wonderlik is. Maar ook omdat dit ondeurgrondelik is. Geen mens kan dit peil nie. Onverwags, onvoorspelbaar is hierdie dade van God.
'n Mens is daartoe aangetrokke, dit roep liefde by 'n mens op, ywerigheid om God se bevele na te kom. Maar dit laat 'n mens ook terugstaan. Hoe heilig en vreeslik bly God immers (vers 9).
Die Psalmis weet te goed: iewers is 'n mens se lewe nie onder jou eie beheer nie. Wat 'n mens wil, is nie noodwendig God se wil nie. God se wil en bevele bepaal die gang van sake. Alle menslike sekerhede word bevraagteken deur God. Wanneer 'n mens deur die "heilige" God aangeraak word (vers 9), word 'n mens in 'n heilige lewe ingetrek wat die lewe en die menslike bestaan omkeer en totaal verander.

No comments:
Post a Comment
Note: Only a member of this blog may post a comment.