Die
Amerikaners is hoog opgetel met die wêreldbeker-sokker. Hulle span doen goed.
Hulle het
vir Jürgen Klinsmann as afrigter aangestel. Hy was deel van die Duitse span wat
die wêreldbeker in 1990 gewen het en, saam met die vroeëre Oos-Duitse span, die
Europese beker.
Dus het hy
‘n indrukwekkende rekord as sokkerspeler. Hy word as een van die beste
sokkerspelers ooit beskou.
Klinsmann
het in 2006 sy merk as afrigter gemaak, toe sy Duitse span uitstekend gevaar
het en derde geëindig het nadat hulle net-net in die semi-finaal in die laaste
minute teen Italië verloor het.
Die
Amerikaners ontleed nou elke woord van Klinsmann soos die reeks vorder: hulle
wil byvoorbeeld nie hê hy, pure realistiese Duitser, moet sê dat ‘n mens nie
juis moet verwag dat die Amerikaners die beker gaan wen nie. Klinsmann is
versigtig: elke wedstryd het ‘n dinamiek van sy eie en dinge kan vir die beste
span op ‘n dag net verkeerd loop. Boonop speel hulle teen die beste’s.
Maar dan
is daar darem ook die ligte, makliker oomblikke wat sport in perspektief plaas.
Soos
sokker bekender raak, raak voorheen totaal onbekende mense skielik
super-bekend. Twee van hulle is twee ouerige, kaalkop-Britte wat in New York
bly, ene Bennett en Davies, wat hulle self Mans in Blazers noem en op hulle
podgooie ‘n piesang as mikrofoon vashou terwyl hulle allerhande witty
kommentaar oor sokker lewer.
Hulle
praat meer oor sokker as kultuurverskynsel as oor sokker as ‘n sport, skryf die
NYT vandag (sien die link hier onder).
‘n Mooi
voorbeeld wat my bybly is hoe hulle oor Mexico se afrigter gesels. Die afrigter
raak so opgewerk in totale ekstase as sy span punte aanteken, dat hy selfs sy
spelers in ‘n omhelsing op die grond bestorm.
En toe die
kommentaar oor die man se uitbundige, ekstatiese vreugde in sy sokker-hemel:
“There it
is, more happiness than any Englishmen has felt in my entire generation,” Mr.
Bennett said during a recent broadcast.
Sokker kan
ons leer om te leef.
Hier is
die skakel na die berig en 'n foto:
http://www.nytimes.com/2014/06/26/arts/television/men-in-blazers-a-whimsical-soccer-show-on-espn.html?hp&action=click&pgtype=Homepage&version=HpSumSmallMedia&module=second-column-region®ion=top-news&WT.nav=top-news&_r=1
No comments:
Post a Comment
Note: Only a member of this blog may post a comment.