Monday, March 29, 2010

Geloof as waagstuk. Om oratief te waak.

29 Maart


“Daarom sê Ek vir julle: Alles wat julle in die gebed vra, glo dat julle dit al ontvang het, en dit sal vir julle so wees.”
- Markus 11:24



Ons begeer dikwels van God goeie dinge soos gesondheid, geluk, sukses, voorspoed, en soms selfs roem.

Jesus, volmaak op soek na God se wil, het ook sy drome en begeertes gehad. Maar in die woestyn en die tuin van Getsemane bring gebed Hom (teensinnig!) tog eerder in lyn met God se verborge, vreemde wil. Sy oratiewe, biddende lewensstyl laat hom dan kies om ‘n ander beker vir ander se onthalwe te ledig.

Gebed het hom God se liefdeshart hoor klop en die stem van sy eie hartsbegeertes laat verstil.

Dit was nie vir Jesus maklik nie. Die oratiewe, biddende oomblikke in sy lewe kos hom bloedsweet en sy waagstuk kos hom sy lewe.

Na die woestyn-worsteling versorg engele Jesus. En, baie later, op die opstandingsoggend, wandel Jesus in die tuin en vertel vir Maria dat hy op pad is na sy Vader en na sy God toe (Joh.20:17).

Die waagstuk van geloof bring ons uiteindelik in die tuin waar ons met God wandel – om God se teenwoordigheid te kontempleer. Hoe tuin-stil word dit as ons ons "belangrike dinge" afskud om heel eenvoudig net by God te kan wees. Ons het nie veel meer as dit nodig nie.

No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.

Blog Archive