Friday, March 26, 2010

Liefde verdryf skuldgevoelens

“Jy moet kom aansit, nooi die Liefde, en my maaltyd kom proe: ek het toe gaan aansit en geëet.”

George Herbert

Skuldgevoelens wat met die pyn van verlies gepaard gaan, kan dikwels die swaarste op ons gemoed lê. Ons kan gekwel word oor onvriendelike woorde wat ons teenoor ons geliefdes kwytgeraak het of oor dade waarmee ons hulle seergemaak het. Noudat hulle nie meer by ons is nie, voel dit vir ons nog net meer of hulle stilte ons veroordeel. Ons kan ook sukkel om die hartseer wat hulle ons aangedoen het, agter ons te laat en aan te gaaan met ons lewe. Ons wil graag vir hulle sê hoeveel hulle ons seergemaak het, maar dan voel ons terselfdertyd sleg omdat ons sleg dink oor hulle wat al dood is.

Ons kan nietemin weet dat die Liefde – die Liefde wat ‘n Baba uit die jongvrou geskep het, die Liefde wat die dowes kan laat hoor, die blindes kan laat sien, en die lammes soos bokkies kan laat huppel, die Liefde wat lewe kan voortbring waar daar voorheen net die dood was – hierdie Liefde kan ons so vul dat dit die honger van skuldgevoelens en berou kan verdryf. Ons moet net die belofte proe en ons deel maak.



Uit - Alaric Lewis, "n Seisoen van heel word"

No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.

Blog Archive