Monday, October 24, 2011

‘n Mens kan bly wees in slegte tye. Wanneer goeie tye geestelike waaksaamheid bedreig (2).


In die vorige blog het dit gegaan om ons idee dat die lewe goed is wanneer dit met ons voorspoedig gaan. Omdat ons so ingestel is op voorspoed en voorspoed ons vreugde gee, gebeur dit dat ‘n mens in goeie tye minder geestelik word.

Spurgeon herinner in sy skrywe aan die mens se neiging om toe te laat dat die goeie dinge in die lewe ‘n mens geestelik benadeel deurdat ‘n mens doodgewoon die dieper dinge verwaarloos en opgaan in die oomblikke van sukses en blydskap.

Sommige mense is nie naïef nie. Hulle weet voorspoed moet ‘n mens nie nalatig in ‘n mens se geestelike lewe maak nie. Daarom word dikwels gedink dat die lewe die moeite werd is wanneer ‘n mens bly kan sê dat dit met jou geestelik goed gaan.

Spurgeon wys nou op ‘n ander kant van die saak: ‘n mens kan veral in die goeie, geestelike piek-tye geneig wees om ‘n mens se geestelike waaksaamheid te verslap. ‘n Mens het immers ook die neiging om te dink dat wanneer alles met jou geestelik en godsdienstig goed gaan, die lewe goed en in orde is. ‘n Mens “rus” in die “vrede van die Here.”

Dit is in sulke geestelike voorspoedstye dat ‘n mens geestelik lui kan word in die sin dat ‘n mens die geestelike reis se skerp kante vergeet en miskyk. Selfs in godsdienstig goeie tye moet mens op jou hoede bly vir dinge wat ‘n mens geestelik kan benadeel. Trouens, miskien is die goeie tye die gevaarlike tye.

Hieroor skryf Spurgeon in sy tipiese vertelstyl met verwysing na Bunyan se Pilgrim’s Progress. Hier is Spurgeon besig met gedagtes oor geestelike voorspoed – nie net wanneer dit oor die algemeen met iemand goed gaan nie. ‘n Mens sou kon sê dat dit gaan oor die tye dat ‘n mens geborgenheid in geestelike ervaringe vind. Dit is dan dat ‘n mens twee keer moet dink, skryf Spurgeon:

Another dangerous time is when all goes pleasantly in spiritual matters. Christian went not to sleep when lions were in the way, or when he was wading through the river, or when fighting with Apollyon, but when he had climbed half way up the Hill Difficulty, and came to a delightful arbour, he sat down, and forthwith fell asleep, to his great sorrow and loss. The enchanted ground is a place of balmy breezes, laden with fragrant odours and soft influences, all tending to lull pilgrims to sleep.

Remember Bunyan's description: "Then they came to an arbour, warm, and promising much refreshing to the weary pilgrims; for it was finely wrought above head, beautified with greens, and furnished with benches and settles. It had also in it a soft couch, where the weary might lean." "The arbour was called the Slothful's Friend, and was made on purpose to allure, if it might be, some of the pilgrims to take up their rest there when weary."

Depend upon it, it is in easy places that men shut their eyes and wander into the dreamy land of forgetfulness. Old Erskine wisely remarked, "I like a roaring devil better than a sleeping devil." There is no temptation half so dangerous as not being tempted. The distressed soul does not sleep; it is after we enter into peaceful confidence and full assurance that we are in danger of slumbering. The disciples fell asleep after they had seen Jesus transfigured on the mountain top. Take heed, joyous Christian, good frames are near neighbours to temptations: be as happy as you will, only be watchful.


Die gedeelte is, weer eens, nie ‘n kritiek teen lewensvreugde nie asof ‘n mens nie met blydskap die goeie tye in jou lewe kan vier nie. Spurgeon skryf immers hier duidelik: wees so bly as wat jy wil wees. ‘n Mens hoef nie in die goeie tye suur-gesig rond te krap op soek na waar die versoekings skuil nie. Spurgeon vra aandag vir iets anders: hy wil mense aanspoor om te besef dat uiterlike en selfs innerlike vreugde nie noodwendig die antwoord is op die mens se behoeftes nie.

Spurgeon probeer nie ‘n resep gee nie. Wat hy hier doen is om die bewussyn wakker te maak en aan te moedig tot onderskeiding. Die goeie goeie tye word nie argeloos geleef en eenvoudig as ‘n vanselfsprekendheid aanvaar nie. Ook in die goeie tye moet ‘n mens dieper kan dink, verder kan kyk as die blote blydskap wat met voorspoed in ‘n mens se lewe kom. Spurgeon se tweede punt vul hierdie eerste een aan: wanneer dit met ‘n mens goed gaan is jy bewus daarvan dat jy bevoorreg is. Dit is selfs meer waar =wanneer dit met ‘n mens geestelik goed gaan. Oomblikke van innerlike vervulling, die kontemplatiewe tye saam met God, weet ‘n mens, bly nie vir ewig nie. Die geestelike reis loop ook deur die valleie – en hulle kan diep en donker wees.

Dit is presies waarom Markus 13 geskryf is. Hierdie hoofstuk gaan immers oor mense in die geloofsgemeenskap wat nie die tekens van die tye kan onderskei nie.

Dit is juis omdat die goeie tye so spesiaal is dat ‘n mens die olie vir die lamp aanvul vir die onvermydelike donker tye op die geestelike reis. Die grootste gevaar, egter, sal die mistici skryf, is wanneer ‘n mens gefokus is op die goeie gevoelens wat ‘n mens het, ook in tye van geestelike opwinding. Want wat tel is nie bloot die oomblikke van verrukking nie, of die tye van verkwikking nie, maar dat ‘n mens deel sal kan bly van die Liefde, dieper en sterker as alles wat ‘n mens ervaar of bedink, veral in die tye van donkerte.

In die goeie tye pas dit ‘n mens dus om te bly vra na die Een wat die goeie Gewer is. Weg van ‘n mens se eie momentele ervarings, bly ‘n mens soekend, vraend, uitreik na God. Wanneer ‘n mens van die melaatsheid genees is van die stinkende, verrotte tye/oomblikke in jou bestaan is die genade om nie in die roetine van die goeie lewe terug te val nie, maar om terug te gaan en naby te wees aan die Een wat sy hand op jou gelê het.

Dit is waarom alles gaan wanneer ‘n mens die goeie tye beleef – om te bly vra: hoe het dit so goed geword? Van wie kom dit? En hierdie antwoord kan ‘n mens selfs lei na die diepste vorm van vreugde: wat tel is nie uiterlike voorspoed nie of godsdienstige piek-tye nie. Wat ‘n mens eg bly is, is dat ‘n mens in voor- en teenspoed aan die Here van die lewe behoort. Dit is dan dat ‘n mens bly kan wees vir die slegte tye – gevul met die blye wete dat selfs of juis die slegte tye ‘n mens nader aan die Here gebring het.

No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.

Blog Archive