Saturday, October 22, 2011

Tydloos


Die beroemde Protestantse komponis, J.S. Bach, se Prelude in C Majeur  is een van die allerbekendste stukke musiek wat ooit gekomponeer is. 

Dit bly ‘n ironie dat hierdie stuk deur Gounod oorgeneem is en in die net so beroemde Ave Maria oorgekomponeer is.Vandag is dit een van die bekendste gewyde liedere in die Rooms-Katolieke tradisie.

Die Prelude is die allerbeste voorbeeld van eenvoud. ‘n Paar note op ‘n keer, in ‘n golwende beweging van perfekte musikaliteit. Dit voer 'n mens weg, in steeds intenser, sterker emosie, totdat dit, aan die einde, in volmaakte afronding, eindig in totale harmonie.

Die invloed van hierdie lied was enorm gewees. Selfs, ja werklik, in die nie-klassieke en moderne sangkringe. Lady Gaga, beweer iemand, het ‘n youtube opname van hierdie stuk al 13 keer gekyk. Maar as ‘n mens dit nie van haar wil glo nie, is die heel onderste video van ‘n bekende jazz sanger se opname van albei – die prelude en Ave Maria – ‘n bewys van die tydloosheid en die populariteit van Bach se musiek. Byna 6 miljoen mense het al die video van Bobby McFerry op youtube gesien.

Dit is nie verniet, besef ek elke keer, dat hierdie melodie veral as huwelikslied in die Katolieke tradisie gesing word nie. 

Die stuk was nie 'n gelukkie nie. Bach se genialiteit kom in baie ander werke voor, onder andere, ook in sy Matteus-Passie na vore, om nie van sy Mis in B Mineur te praat nie.

Hoe sou ons dan ooit die lydenstyd kan vier sonder sy O Hoof bedek met wonde? Hoe arm sou Spiritualiteit sonder sy musiek gewees het.



  




No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.

Blog Archive