Sy vertel dat sy na haar gebed op die werf uitgaan om “soos altyd” haar troos in die natuur te soek. Troos kom dus op vele manier na haar – deur haar gebedslewe, maar ook op ‘n eenvoudige manier deur haar liefde vir die natuur.
Dit is asof haar oggendgebed en haar Godsvertroue dieper diemensies kry. Sy wil met haar taal die rykheid van die natuur en die volheid van haar ervaring uitdruk: Sy kry troos as sy na die groen aarde kyk, soos die plaas veral in Januarie lyk wanneer dit in groen getooi is. Die voëls is vrolik. Die beeste is vet en blink en die skape huppel.
So praat ‘n plaasvrou. Dit is blye taal – wat opval, veral omdat dit in ‘n tyd van oorlog gepraat word.
Sy skryf: “alles is pragtig”, met ‘n sentimentele toevoeging: “oral pryk die doudruppels.” Dit taal is intens: “alles” en “oral” sien sy dinge raak. Haar ervaring is ryk en vol.
En dan, in ‘n eerste kort opmerking oor haar ervaring in die natuur wys sy weer eens haar spirituele instelling: “dit vertel van Gods wonderwerke.”
Sy is nog nie klaar met die plaastoneel op die Nuwejaarsoggend nie. Sy keer terug na die natuur: “Al die bome is belaai met vrugte, groen en ryp.” “Al” en “belaai” verraai weer die intensiteit van haar ervaring.
“Hoe aangenaam na ‘n warm nag is die verkwikkende môre en die genot van die skone natuur nie!”
Sy ervaar hierdie tydjie waarin sy “so na alles kyk” as inspirasie: “Dit was vir my of al die dinge my ‘n gelukkige Nuwe Jaar toewens en of dit my opbeur.”
Uiteindelik sluit sy die kort paragraaf oor haar tydjie buite in die natuur af met ‘n dieper opmerking. “Geen wonder” dat sy opgebeur is nie, “want alles praat van Gods liefde vir die mens en van Sy troue sorg.”
Ook hier slaan haar spiritualiteit van voorsienigheid deur, maar binne die raamwerk van die liefde.
En ook hier is daar weer ‘n gesangvers: “Hoe snood ondankbaar moet hy wees, wat die hart nie vrolik tot hom hef.” Vrolikheid in tye van oorlog.
Gereformeerder kan dit nie….
No comments:
Post a Comment
Note: Only a member of this blog may post a comment.