Ek kry van Mark Sedrak die onderstaande, kort uittreksel uit Jesaja die Afgesonderde se Philokalia waarin hy onderstreep hoe belangrik geestelike oefeninge is.
Die punt is duidelik: Die tye van kontemplasie waarin die mens verwonder staan oor die nabyheid van God in sy of haar lewe kan 'n mens amper laat word soos die groep mense in die gedeelte in 1 Tessalonisense wat die oordeel nie verwag nie omdat hulle dink alles is rustig en veilig (1 Tess. 5:3). Dikwels verbind eksegete hierdie gedeelte met die eind-oordeel. Maar die oordeel kom ook reeds in die tyd van die geestelike reis, lank voor die finale tye.
Houtgerus kan die geestelike pelgrim die pad van die geestelike reis aflê, onder die indruk dat alles goed en gaaf gaan. En in die proses word waaksaamheid prysgegee en is die ingesteldheid op God in der waarheid aan die kwyn of af koers. Die hart, so bedrieglik in sy weë, word dan mislei deur eie goedheid en beïndruk deur eie vroomheid. Sonder dat 'n mens dit weet, het 'n mens die pad na God byster geraak. Of, selfs nog erger: dikwels wil die mens steeds weer die oersonde pleeg - om beter as God te weet, om die pad van eie-willigheid te loop, die afdraai-paadjies van eie-sinnigheid en waan oor eie insigte. Selfs Christus moes hierdie stryd, in Getsemane, stry. En in daardie egte stryd, die moeilike oomblikke, die bloedsweet-tye was sy inspanning om hom tot die Vader te wend. Gebed was sy geestelike oefening, die nag in Getsemane, om die pad van eie wil af te weer. Die huiwerige nogtans-tyd wat elke pelgrim steeds weer beleef: nie my wil nie...
In Spiritualiteit word beklemtoon dat die geestelike reis steeds weer 'n proses is waarin 'n mens gereinig word van alles wat die verhouding met God besoedel en gestroop word van alles waarop 'n mens so vas vertrou. Dit kan ook 'n mens se vroomheid en self-aanprysing insluit. Maar, miskien vir ons tyd: dit kan ook ons beter-wete, ons groot verstaan raak.
God se oordeel oor wat belangrik is kan nogal verskil van die beperkte insigte waarop 'n mens so trots is. Steeds weer soek 'n mens wat saak maak, wat die verskil uitmaak. Dit is goed en reg. Maar dit kan juis die prysgawe van die self insluit.
Godsdiens het 'n inherente dinamiek om 'n produk van mense te word eerder as 'n gehoorsaamheid aan God se wil vir die wêreld.
Maar die gedeelte herinner my ook aan Jesus se uitspraak in Matteus 12:45 oor hulle wat opsienbarende tekens met godsdiens assossieer en hulle eie voorwaardes stel vir wat eg godsdienstig moet wees. Jesus sê dat 'n mens inderdaad goed moet skoonmaak. Die geestelike oefening is belangrik. En tog, wat werklik saak maak, is nie om soos die godsdienstiges van Jesus se tyd, trots godsdienstig te wees nie om eie oordele af te dwing nie, maar om die nuwe pad van God in nuwe tye in konformiteit met Christus te loop.
Dit is onbekende paaie, dikwels weg van die mooi, groot, vroom snelweë wat die vromes van die tyd uitspel. Wat daarom tel is meer as vroomheid, meer as godsdienstigheid. Wat tel is om "in eerbied" voor God te bly staan, maar met 'n gedurige ogie oop oor die bedrieglikhede van ons eie hart, so vinnig om terug te sak in die ou sondes van die verlede. Geestelike oefening bring 'n mens om te waak oor jou eie hart, sodat dit steeds weer vir God se saak klop. En daardie hart moet soms gedwing word om te luister, om te gehoorsaam, om te volg.
Hier is die gedeelte:
The demons cunningly withdraw for a time in the hope that we will cease to guard our heart, thinking we have now attained peace; then they suddenly attack our unhappy soul and seize it like a sparrow. Gaining possession of it, they drag it down mercilessly into all kids of sin, worse than those which we have already committed and for which we have asked forgiveness. Let us stand, therefore, with fear of God and keep guard over our heart, practicing the virtues which check the wickedness of our enemies.
Isaiah the Solitary, On Guarding the Intellect
Philokalia, Volume 1
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
Blog Archive
-
▼
2011
(338)
-
▼
October
(30)
- Gereformeerd en spiritueel in Afrika
- Die sterkes kan nie sonder die swakkes nie.
- Die mens se soeke na eenwording met God (5. Slot)
- Wanneer Christus mense met Hom verenig (4).
- Die mistieke eenheid tussen God en mens (3).
- Die oorlog teen die mistiek (2).
- Die stryd teen die mistiek
- ‘n Mens kan bly wees in slegte tye. Wanneer goeie ...
- Voorspoed kan sleg wees. Wanneer goeie tye ‘n mens...
- Tydloos
- By die dood van 'n diktator
- Die kerk sonder balle raak te liefies....
- Vrolikheid in tye van oorlog. Oor tant Alie se dag...
- In die skoot van die Vader. Oor gebed en tant Alie...
- Nuwejaar in 'n tyd van oorlog. Oor gebed en tant A...
- Die paradys
- Wanneer 'n mens voor God te kort skiet. Oor skuldb...
- Dit is nogal 'n kuns om die onkruid uit te kan sko...
- Om te waak oor jou eie hart. Die doel van geesteli...
- Meditasie as lewensaar
- Gebed as verlange en hartsbegeerte
- Die verkondigers van vrede se gewelddadigheid
- Wanneer 'n mens se werksvreugde ander se vreugde w...
- Werk en ware geluk. Oor Spiritualiteit van werk (5).
- Wanneer werk mens-wees bepaal. Oor Spiritualiteit ...
- Dit is nie jou werk wat jou gelukkig maak nie. Oor...
- Ons kry net een liggaam... Oor spiritualiteit van ...
- Vet salaris, min geluk. Oor die spiritualiteit van...
- Die mees ongewone ding wat 'n mens kan hoor?
- Die oomblik van vasvat.
-
▼
October
(30)
No comments:
Post a Comment
Note: Only a member of this blog may post a comment.