Saturday, December 29, 2012

Die afsku aan jou eie leegheid. Wanneer 'n mens vasval...

"Is jou afsku aan jou leegheid die enigste lewe waarmee jy die leegheid vul?"

So vra Hammarsjköld in sy Merkstene.

Sedert ek hierdie aforisme twee weke gelede gelees het, bly dit my boei.

Daar is iets goeds aan eerlikheid oor jouself. 

Jy kan skerp krities oor jou eie lewe wees. Dikwels baai ons in ons eie feilbaarheid.

Dit is 'n teken van lewe - 'n teken dat 'n mens iets beters wil.

Maar die lewenskuns bestaan uit veel, veel meer. Die leegheid moet erken word. Maar dan moet 'n mens verder soek. 

Want in die leegheid moet die Lewe inwoon.

Blog Archive