Augustinus
het op ‘n keer geskryf dat geloof in ‘n wonder nie so belangrik is soos die wete
dat die hele wêreld ‘n wonder is nie. Daarmee wou hy nie wonders bevraagteken nie, maar 'n mens se herkenning van die grootste van alles beklemtoon.
Daar
word veel en dikwels met trots geskryf oor die manier waarop geloof in God in
vele van die hoogs ontwikkelde lande bestry is.
Daar
is ook baie lofgesange op ‘n “mondige” wêreld wat nie meer die geloof in God
nodig het nie.
Mense
hoef, word uitgeroep, nie meer op die bonatuurlike, die wonderlike, die
uitsonderlike terug te val nie.
Trots
kyk die mense wat God laat sterf het, na hul eie, mondige aarde.
Maar,
skryf Versfeld, die wêreld self, soos Augustinus geskryf het, bly die wonder. Die mense wat so wetenskaplik van God ontslae
geraak het, laat hom dink aan seuns wat groot plesier put wanneer hulle ‘n
baksteen deur ‘n ruit gooi.
As
‘n mens verby daardie groot plesier is, is ‘n mens nog steeds met die spesiale
gekonfronteer: Al is God verban en uitgesluit, bly selfs die wêreld sonder God wat
mense oorgehou het, nog ‘n wonder.
Die
sekulêre is boeiend, indrukwekkend, selfs mistiek.
'n Mens staan steeds verbysterd oor ons wêreld as wonder-skoon.
Hieroor
môre meer.