In Notting Hill, 'n sommer-lekker romantiese fliek met 'n mooi storie, kom die beroemde aktrise haar onbekende liefde in sy winkel opsoek na hulle verhouding tot niet gegaan het. Sy wil opmaak met hom.
Grootogig stap Julia Roberts die winkeltjie binne.
Hulle praat met mekaar oor haar roem. Sy is 'n superster. Hy is 'n valerige winkelklerk.
Hier sien ons die eerste grens wat roem nie kan oorskrei nie:
Hy het genoeg seer gekry. Hy sien nie kans om verder aan hul verhouding blootgestel te word nie. Hy is bang sy hart sal onherstelbaar stukkend gebreek word. Hy vra mooi: sal sy hom kwalik neem as hy op haar versoek "nee" antwoord.
Sy probeer hom oortuig dat dit nie sal gebeur nie. Haar argument kom duidelik uit ervaring:
Roem is nie werklik nie, sê sy. Dit beteken nie veel nie.
Roem is niks.
Die werklikheid lyk eerder heel anders: wat werklik waar is en waaraan jy kan raak en wat jy kan sien is dat sy, 'n vrou, vir hom, 'n man, vra om haar lief te hê.
Verhoudinge tel. Dit is waar. Dit kan 'n mens aanraak. Voel, ervaar, geniet, koester.
Roem verdamp. Oor 'n paar jaar, sê sy elders in die fliek, is sy oud, leliker, 'n middeljarige vrou wat iewers 'n middeljarige bestaan gaan voer. En dan kyk sy, jaloers, na haar winkelklerk se familie waar sy die aand sorgeloos en liefderik kuier. Dit, familie, verdamp nie, want dit is in liefde geanker.
Roem is nie net niks nie. Dit vergaan.
Waar is al die beroemdes, skryf Thomas a Kempis sommer in die eerste hoofstukke van sy Navolging. Hulle wat gister vereer, bewonder en geagd was. Niemand praat meer oor hulle nie. Mense onthou nie eers hulle name nie.
Paulus vertel van wat nie vergaan nie. Die liefde.
'n Lekker-kyk fliek, lekker-luister, smartmooi liedjies, met 'n ewige waarheid as tema - wat tot in die hart van populêre spiritualiteit deurgedring het.