Saturday, December 01, 2012

Ek het God van aangesig tot aangesig gesien.

Hierdie massiewe werk van Sir Jabok Epstein, die twintig-eeuse Britse kunstenaar, staan in die Tate. 

Dit beeld Jakob se worsteling met die Engel uit. Juis omdat die beeld in 'n primitiewe styl gemaak is (wat vele mense in daardie tyd geskok het), trek dit die aandag.




Epstein, wat geboeid was deur die Jakob-verhaal, het Genesis 32:24-32 oor en oor gelees voordat hy die beeld gemaak het. 

Juis omdat dit so 'n massiewe beeld is, is die uitbeelding van die worsteling, wat volgens die Bybel 'n hele nag geduur het, so intens.

Naby, naby, is Jakob in hierdie toneel aan die engel-figuur. 

Die engel gryp Jakob in die beeld styf was en hou hom teen hom vas

Jakob sou, volgens Genesis 24: 30 oor die worsteling sê: "ek het God van aangesig tot aangesig gesien. en tog is my lewe gered...." 

Maar 'n mens kry nie die indruk van 'n eenvoudige worstelstryd nie. Die beeld wys vir Jakob met sy kop agteroor gegooi. Dit is asof hy in die noue, intieme nabyheid van die engel, 'n bron van energie vind wat sy hele wese vul. 

Die verlange van 'n mens is: om so naby aan God te kan wees dat al die goddelike energie 'n mens se bestaan kan binnevloei en vul.

Blog Archive