Frans
Maas skryf ‘n artikel oor die vraag of Spiritualiteit ‘n luukse of ‘n
noodsaaklikheid is.
Hy
antwoord deur eers te vra wat “noodsaaklik” is: In ‘n kompeterende wêreld waar
‘n mens moet uitstyg deur prestasie, is kennis en vermoë noodsaaklik.
Wat
in hierdie prestasie-gedrewe maatskappy nodig is, is dat ‘n mens jou kop moet
gebruik en dat jy dan hand aan die ploeg slaan om iets daaromtrent te doen.
Jou
brein en jou werksvermoë is as noodsaaklik beskou.
Hy
vertel dan die interessante verhaal van belangrike ontwikkelinge in die nadenke
oor geloof. Voorheen is gedink ‘n slim, opgeleide en bekwame geestelike leier moes
vir mense oor geloof ingelig het.
Dit
het teen die eerste helfte van die twintigste eeu verander. Mense, is besef,
het elkeen die innerlike vermoë om hul geloof uit te leef en te beleef. Al hoe
meer is besef dat hierdie ervaring van mense en hul innerlike vermoë om sin te
ervaar, aangevuur en gestimuleer moet word.
Prakties
het dit gebeur dat wanneer groepe mense bymekaar gekom het om oor hul geloof na
te dink en te mediteer, is daar gekyk wat in mense se harte geleef het en hoe
dit hul daaglikse lewens ingrypend bepaal het.
Op
die manier ontstaan by denkers van die tyd ‘n deurleefde, mymerende besinning
oor hoe mense op die mees alledaagse vlak hul geloof beleef.
Die
slim geestelike allesweter wat die waarheid aan ander moet verduidelik het nie
meer die sentrum van die geloofslewe beheers nie. Die geestelike leiers het na
hulself begin kyk en opgemerk dat hul eie geestelike lewens veel kan baat deur
net saam met ander, “gewone” gelowiges te wees.
Klink
reformerend, dink ek en kou weer aan die manier waarop in die reformasie op die
amp van gelowige gehamer is. Die dominee, is destyds, eeue terug, al gesê, is
ook ‘n ouderling en staan onder die toesig van die kerkraad.
Maas
verduidelik die proses dan op ‘n ander manier en het ‘n pragtige beeld hiervoor:
‘n
Mens glo, skryf hy, met jou kop. Dit is die indikatiewe modus. Jy weet van
feite, gebeure en ervaringe. Dit ontdek ‘n mens in al die verhale van Ou en die
Nuwe Testament oor God en mens se geskiedenis. Op die manier het ‘n mens se
geloof te doen met wat destyds gebeur het.
Maar
om te glo beteken ook om reg te doen en verkeerd af te wys. Dit is die
imperatiewe modus. ‘n Gelowige mens lees dus die Tien Gebooie en die Bergrede
om sy of haar geloof in te rig en te vorm. Hier gaan dit om “doen”, om jou hand
aan die ploeg te slaan en konkreet te werk.
Maar
daar is ook ‘n derde dimensie. Dit is hierdie dimensie wat verwaarloos is en
wat in die vorige eeu herontdek is. Geloof sien ‘n mens byvoorbeeld ook raak in
die Wysheidsboeke – veral die Psalms. Die “wysheid” het te doen met menslike
versugting: Ag, om te kan glo! Dit is die optatiewe modus. Die geloofsverhale
en die wet kom bymekaar in die mens se ervaringswêreld. Dit beteken dat geloof nie
net om die brein en die hand gaan nie. Dit gaan ook om die hart. Dit het te
doen met die mens se verlange, met gebed, met gevoelens soos angs, bekommernis,
opstandigheid, dankbaarheid en lof.
Die
drie dinge hoort bymekaar in een, hegte geheel: wanneer ‘n mens die inhoud van
die Bybel bedink, sak dit in jou hart in. Wat gebeur het, begeer jy vir jou eie
lewe. Wat ander gedoen het, verlang jy om ook te doen.
‘n
Mens neig maklik om een van die drie te verwaarloos: Wanneer ‘n mens die
verstand beklemtoon, word jy ‘n wysneus. Wanneer jy die hande beklemtoon, word
jy ‘n letterkneg, en wanneer jy net die hart beklemtoon, word jy ‘n geesdrywer.
Wat
beteken dit alles nou vir die vraag hoe noodsaaklik Spiritualiteit is? Môre
meer hieroor en oor wat Maas dink hierdie insigte beteken vir ‘n evaluering van
Eckhart Tolle se werke.