Tuesday, December 25, 2012

Waar ons lewenslig vandaan kom.



God, skryf Hammarskjöld in sy Merkstene, sterf nie op daardie dag dat ons nie meer glo in ‘n persoonlike God nie.

Daar is egter wel ‘n dag waarop ons ‘n geestelike dood sterf.

Dit gebeur wanneer ons nie meer lewe in die lig van ‘n blywende gloed wat elke dag weer opnuut beleef word nie.

Hierdie gloed kom van ‘n wonder, van ‘n bron wat alle verstand te bowe gaan.

Kerstyd – die fees van die Lig, van die gloed van God se liefde, die tyd van die kerslig, is by uitstek ‘n teken van hierdie gloed – ‘n teken wat nie op enige manier deur ons menslike rede gepeil kan word nie.

Blog Archive