Benefiel vertel in haar boek oor spiritualiteit in die werkplek hoedat ‘n vrou wat lid was van ‘n godsdienstige orde in Ierland op ‘n dag bewus geword het van die woningnood onder daklose mense in haar omgewing in die groot stad Dublin. Sy het gehoor dat daar onder hierdie daklose mense persone was wat selfs uit geslagte van dakloses gekom het.
Haar innerlike behoefte om iets te doen het haar gedryf om met dakloses self te praat en om hulle aktief by die proses van omvorming te betrek. Sy was bewus daarvan dat hulle nie net ‘n dak oor hulle kop nodig gehad het nie. Hulle moes op ‘n holistiese manier op vele vlakke bygestaan en bemagtig word.
Daarom het sy met mense wat ervaring oor woningbou gesprekke gevoer. Sy het ook ‘n ondersteuningsgroep aan die gang gesit wat nie soseer met dakloses gewerk het nie, maar waarin daklose mense ‘n aktiewe rol gespeel het.

Op ‘n omvattende manier het hulle mense gehelp met aansoekvorms, met voorbereiding om in ‘n huis in te trek, met die maak van begrotings vir hul inkomste en uitgawes, met besluite en inligting oor hul liggame, met gesprekke oor die verwoesting wat afhanklikheid van middele veroorsaak, om te verduidelik hoe werk dit om ‘n huis te besit en watter verpligtinge dit gaan meebring.
Lank voor mense ‘n dak oor hulle kop kon kry en lank daarna was hulle ‘n groep wat met sulke dakloses saamgeleef het.
Lank voor mense ‘n dak oor hulle kop kon kry en lank daarna was hulle ‘n groep wat met sulke dakloses saamgeleef het.
Nie dat alles net bloot prakties ingestel was nie. Die geestelike kant van mense se lewens is op 'n stil, meditatiewe manier in die proses aangespreek. Groepe mense in hul nuwe omgewings het gereeld bymekaar gekom waar hulle hul lewensverhale met mekaar kon deel en so ook geestelik sterker kon word.
Ook dit het nie sommer net gebeur nie. Daar was baie besoeke, gesprekke, sessies en maniere van ondersteuning. Hulle het hierdie persone uitgeneem, onder andere na museums waar hulle na kuns kon kyk en ook daardeur meer geïntegreerde mense kon word.
Die gevolge hiervan kon soms verrassend wees. Onder een so 'n groep was daar 'n vrou wat nooit iets wou sê terwyl die groep met hul gesprekke oor hul eie lewens gepraat het nie. Nadat hulle by ‘n museum was, het die vrou skielik begin praat. Sy het haar verhaal begin deur te sê dat sy in die museum iets gesien het wat haar laat onthou het wat met haar gebeur het. En deur daardie ontmoeting is sy in staat gestel om vir die eerste keer ook haar verhaal met die ander te deel en tot groter heling in haar lewe te kom.
Jean
Quinn, soos die vrou met die passie vir dakloses heet, vertel sy het
veral ‘n behoefte gehad het aan ‘n plek van wysheid in elkeen van die
komplekse wat hulle vir die huisvesting van dakloses sou kry en bou. Dit
was ‘n plek waar mense as ‘n groep bymekaar kon kom en stil, nadenkend
en meditatief oop was vir terapie. Dit moes ‘n plek van rus wees, maar
ook ‘n plek waar mense voorberei kon word vir al die eise van ‘n gewone
huislewe.
Die gevolge hiervan kon soms verrassend wees. Onder een so 'n groep was daar 'n vrou wat nooit iets wou sê terwyl die groep met hul gesprekke oor hul eie lewens gepraat het nie. Nadat hulle by ‘n museum was, het die vrou skielik begin praat. Sy het haar verhaal begin deur te sê dat sy in die museum iets gesien het wat haar laat onthou het wat met haar gebeur het. En deur daardie ontmoeting is sy in staat gestel om vir die eerste keer ook haar verhaal met die ander te deel en tot groter heling in haar lewe te kom.
Op ‘n dag het Jean Quinn by die vrou wat soveel voorbidding gedoen en gereël het, opgedaag met die boodskap: luister, jy moet nou bietjie stadiger. Die geboue begin nou omtrent van alle kante inkom en ons bly net-net voor.
Soveel mense het van die projek gehoor en die nuus versprei dat skenkings begin inkom het van mense wat daadwerklik ‘n verskil wou maak. Die projek het sterk van die grond gekom en al hoe meer mense kon gehelp word.
En toe gebeur ook iets anders: In die godsdienstige orde van Quinn, wat ook al wou begin uitsterf het, het nuwe lewe begin posvat.
In die omgee vir ander, op so ‘n praktiese, omvattende manier, het daar vir hulleself ook inspirasie gekom. Wie sy lewe verloor...

Spiritualiteit van die werkplek, noem hulle dit. Besieling aan die werk. (Soul at Work, heet die boek se titel). En in die werkplek, is dit noodsaaklik dat hulle wat leiding geen en ‘n passie vir 'n saak het, een moet wees met hulle wat in nood is. Saam moet hulle soek na die beste maniere om vir mense geestelik en liggaamlik ‘n menslike bestaan moontlik te kan maak.
Dit, skryf Benefiel, het te doen met korporatiewe onderskeiding, om saam die wil van God vir mense se lewens te soek.
Meer nog dit is spiritualiteit.
Om vanuit gebed op ‘n geestelike manier om te gee en strome van seën te ontvang.