Die gesprek gaan oor
bekommernisse in die lig van die bybelse teks dat 'n mens jou nie sorge moet
maak nie.
Sekerlik, beklemtoon die
spreker, is een van die rede's waarom 'n mens bekommerd raak dat 'n mens nie
rekening hou met die voorsienigheid en sorg van God nie.
Wanneer 'n mens jou deel
gedoen het, jou verantwoordelikheid nagekom het, sal God nie onbetrokke in jou
lewe bly nie. Dit is waaroor die
bybelteks gaan. En bybelse geloof beteken ook dat 'n mens kan vertrou daarop
dat God betroubaar is.
Maar daar is meer: hoe doen
jy jou deel?
Een manier waarop 'n mens jou
deel doen is om te vra op watter manier 'n mens in Christus se wil gebly het.
Die opmerking bly vanselfsprekend.
En tog: hoe bly 'n mens in die wil van Christus, wonder ek nadat die gesprek op
die noot eindig?
Heel prakties antwoord die
geestelike oefening van self-ondersoek dat 'n mens in Christus se wil bly
wanneer 'n mens gereeld in tye van stilte nadink oor die verloop van die dag. 'n
Mens bedink die gebeure met, daarna, die vraag op watter manier 'n mens God se
teenwoordigheid daarin herken het en op watter manier 'n mens ingestem op God
se werking in jou lewe gebly het.
So werk die praktyk van geestelike
self-ondersoek.
Of: 'n mens moet ook kan
probeer insien op watter manier jy weerstandig teen die teenwoordigheid van God
in 'n mens se lewe was.
Met ander woorde: steeds weer moet 'n mens oor die diepere sin
kan nadink. Ongestoord en onnadenkend kan 'n mens eenvoudig voortstoom met
alles waarmee jy besig bly en nooit agterkom waarom en waartoe nie.
Tog is die dieper insink in
Christus se wil meer as net nadink.
Of oor soek.
Soms, leer die praktiese
examen, weet 'n mens te goed van die
teenwoordigheid van God en van skoonheid wat in 'n mens se lewe teenwoordig is.
Maar 'n mens is weerstandig.
En deur en na die
weerstandigheid, kom die groter verwyt, die dieper, knaende bekommernis: dat 'n
mens dit daar gelaat het.
Die geestelike self-ondersoek
weet van baie woorde en gepraat waarin 'n mens kan vasval. Sonder om te besef
Wie die woorde praat en dat die woorde 'n uitnodiging tot 'n verhouding is. En
hoe weerstandig mense teen die verhouding kan wees. Die sorgvryheid is te vind
in die intrede en bly in hierdie verhouding. Dit is 'n geestelike oefening.