Thursday, January 30, 2014

Bo taal, bo begrip en beperkinge....

Jesaja 40:22 is een van die verse wat vir 'n mens laat besef hoe beperk taal en verstand is.

"God het sy troon bokand die hemelkoepel, die aardbewoners is vir God soos sprinkane. God span die hemel oop soos 'n tentdoek, oop soos 'n tent vir die mense om onder te woon. God maak die vername mense tot niks, die heersers van die wêreld asof hulle nie bestaan nie."

So 'n teks teken 'n vertroue in 'n God wat heeltemal anders is as wat 'n mens jou voorstel. Of wat anders dink as wat mense redeneer.

Verhewe.

Jesaja voeg by in vers 25: "Met wie kan julle My dan vergelyk, wie is soos Ek?"

En die laaste frase, "vra die Heilige."


Heilig, verhewe, anders.

En dit werk bevrydend. Want in ons klein, geslote en verstikkende bestaan is die mensheid onvry, vasgevang in klein idee's oor wie God is.

Gelukkig. God is groter. Bo taal, bo verstaan en bo al die beperkinge van menslike begrip.

Heerlik. 

Wednesday, January 29, 2014

Bybelse spiritualiteit


Bybelse spiritualiteit is nou al ‘n redelik bekende verskynsel. Heelwat word daaroor gepubliseer.

Daar is eenstemmigheid dat Bybelse spiritualiteit iets anders is as Bybelwetenskap, Bybelkunde, eksegese, Bybelse teologie of vele van die ander bekende Bybelse dissiplines in die teologie, hoewel dit 'n dissipline is.

Een van die belangrike kenmerke van Bybelse spiritualiteit is dat dit met transformasie te doen het.

Bybelse spiritualiteit werk met al die instrumente waarmee die Bybelwetenskap werk. Maar dit wil nie maar net ‘n stuk inligting, of teologie, of geskiedenis bied nie.

Bybelse spiritualiteit het te doen met ‘n ontmoeting: die leser wat die Bybel opneem en lees, word op een of ander manier deur die ontmoeting geraak, omvorm.

Bybelse spiritualiteit fokus op die lees van die Bybel wat ‘n verskil in mense se lewens maak. Dit is geboei deur die vraag hoe dit gebeur dat mense die teks as die stem van God met hulle persoonlik hoor praat sodat dit hulle lewens omkeer.

Dit gaan nie om ‘n interessante, of mooi, of ingeligte lees van die Bybel nie. Dit gaan om die lees van die Bybel wat mense se lewens in ‘n nuwe rigting stuur.

‘n Mens kan in ‘n ekonomie-klas sit of aan ‘n mediese eksperiment deelneem en dink dit is belangrik en insiggewend. Of ‘n mens kan na ‘n slim teoloog luister wie se boodskap ‘n mens bybly sonder dat dit werklik ‘n verskil maak. In Bybelse spiritualiteit word aandag aan iets anders gegee: hoekom is dit dat mense die Bybel opneem en dit hulle lewens verander?

Bybelse spiritualiteit wil dus weet hoe ‘n mens se geloof deur die lees van die Bybel ervaar word en dieper groei.








Tuesday, January 28, 2014

Wat werklik saak maak. Oor die transformasie in liefde (5).


Wat is die hoogste sport wat ‘n mens kan bereik?

Wat is die beste wat ooit met ‘n mens kan gebeur?

Dringende vrae soos hierdie lê diep in mense se harte. Dit dryf die mens in onrustige soeke.

In spiritualiteit is die antwoord: om tot die liefde omvorm te word. Niks is grotere en beter as om in die liefde te wees nie.

Maar wat, vra die soekende, beteken dit om tot die liefde omvorm te word? Liefde is immers so ‘n woord wat eindeloos verniel en misbruik word.

Liefde, leer spiritualiteit aan ons, is wanneer God en mens aangevuur word om tot volkome rus in mekaar te kom. So skryf Waaijman wanneer hy, naas die transformasie in die skepping en die transformasie in die herskepping, skryf oor die transformasie in die liefde.

Volkome rus. Dit is wat werklik saak maak.

Maar dit is ‘n rus in mekaar. Niks van rus in jouself, in jou innerlike, of in jou self-soeke nie.

Rus kom wanneer ‘n mens by, maar veral in die Ander is.

Maar, vra die geestelike soeker, hoekom is dit “rus?”

Die liefde omvorm mens op so ‘n manier dat die mens en God na mekaar begin lyk. Hulle word bemindes, minnaars. God het ‘n beeld in die mens. En die mens dra God se beeld. En hulle is met mekaar verenig.

Rus kom dus waneer ‘n mens soos God lyk. Dit is “rus” omdat God daar is.

Maar, vra die pelgrim, hoe lyk ‘n mens wat soos God is?

So iemand en God is soos twee minnaars wat bymekaar is: hulle gee hulself totaal oor vir en aan mekaar. God gee God oor aan die mens sodat die mens God het en besit. Christus leef in Paulus (Gal.2:20). Maar ook die mens gee hom/haarself oor aan God, sodat die mens aan God behoort. Daarom leef Paulus vir Christus (Gal.2:20).

Om te behoort, om te gee, om te hê: rus is dit. Niks meer om te soek nie. Niks ontbreek nie. ‘n Mens is in die Volheid.

Spiritualiteit is die reis waartydens ‘n mens telkens hierdie rus as ‘n voorsmaak ervaar. En wat uiteindelik in die rus van eeue voleindig word, wanneer God alles in almal is. In volmaakte liefde. Dit is die hoogste sport wat ‘n mens kan bereik.

Ou-Testamenties is reeds hierdie wete. In Totius se Psalm-resepsie van die oeroue pelgrimsreis: Die Here is my Herder. Niks sal my ontbreek nie. Hy lei my na waters waar rus is.

Monday, January 27, 2014

Lewenstroos. Oor moeders, vaders en die huwelikslewe.












My naweek word bietjie ligter toe ek in gister se Rapport die volgende lees:

Op ’n troue vra die seremoniemeester die getroude mans om te gaan staan by die persoon wat hul lewe die moeite werd maak.

Toe word die kroegman byna vertrap. 


Galge-humor.

Sunday, January 26, 2014

"Die reën is oor. Dis weg. Die bloeiseltyd. 'n Hoë lied oor die transformasie in herskepping (4).

Die Bybel is geskryf deur mense wat 'n verhouding met God beleef. Hulle kan nie uitgepraat raak oor die verhouding nie. Op baie maniere wil hulle die vele kante van hierdie verhouding beskryf. 

Sommige skryf oor die troos wat die verhouding vir hulle gee wanneer dit met hulle moeilik gaan.

Ander skryf oor die inspirasie wat die verhouding hulle bied om hul lewens aan God te wy. Hulle word ywerige, toegewyde mense wat sin in die lewe ontdek. Pinkstermense, wat aangevuur word deur 'n passie vir God en God se wêreld.

Ander, weer, skryf hoe anders die verhouding hulle laat leef.  Hul lewe op 'n nuwe, spesiale manier vir God in hul eie lewe, in hul families en in die samelewing. Dit sluit in heel gewone dinge, soos omgee vir ander, 'n lewe van bedagsaamheid, goedheid, en 'n gewilligheid tot 'n gesonde gemeenskap met afsprake vir 'n billike en regverdige lewensstyl. 

Die Bybel is 'n boek geskryf vanuit die hart van mense se ervaring van God se teenwoordigheid ontdek in hul lewens.

Die Bybel is die produk van mense wat deur God se aanraking tot nuwe lewe geskep is. Transformasie in herskepping. 

Net mense wat in God se teenwoordigheid leef, kan so geïnspireerd oor God praat soos wat die Bybelskrywers dit wou doen. Selfs in die aanklagte (Job, Prediker, die kruiswoord van verlatenheid),  skryf hulle as mense wat nie sonder God wil leef nie.

Die ondertoon van Bybelse tekste is dus liefde. Die liefde vir God of die verterende verlange na God se liefde.

Altyd weer is dit 'n liefde gerig op God, die Een by wie alles begin het, wat alles laat ontstaan het en aan mense die lewe geskenk het. Hul skrywe oor God is deurtrek met dankbaarheid oor God wat geskep het. Die Bybel is 'n boek, dus, wat ook leef uit die transformasie in skepping.

Maar daar is meer, in die sin van groters.

Hierdie gerigtheid op God is deurtrek met 'n besef van 'n mens se eie feilbaarheid en van die mens se gebrokenheid. Skuldbelydenis word soveel intenser ervaar deur mense wat God se liefdevolle aanraking in die diepste kern van hul bestaan beleef het. Hoe meer mense God se liefde ervaar het en vir God leer bemin, hoe meer hou hulle vas aan die goddelike liefde wat so ander lyk as hul eie lewe met sy ontrou, mislukkings, oortredings, ongehoorsaamheid en liefdeloosheid. 

Veral hulle wat God se liefdevolle teenwoordigheid in hul lewens ervaar, kan skuld eg en intens beleef. Hulle staan, iewers in 'n donker hoek, verban deur alle fatsoenlikes en regverdiges tot skande, verslae oor hul eie diepe behoefte aan genade. Sondaar. Hou op die bors, in 'n simbool van die rou oor eie wegdryf van die Bron, van die Een wat altyd lief het. 

Hulle ervaar intens hulle lewe in die donker plek sonder die liefde. 

Tot daardie oomblik, die Aanraking. 

Dán, na die fase van insig in eie deformasie, wat inherent deel is van transformasie in herskepping, kom die ander fase: wanneer God die mens, die sondaar, se boetvaardige hand in die Vaderhande neem, dit optel en die seëlring van 'n erfgenaam aan die ringvinger steek. 

Dit word ook in 'n aangrypende Bybelse simbool,  'n huwelik: die sondaar word die Beminde. Soos Joe Niemand in Halleluja, onvoorstelbaar, sing: I will be your lover.

Die korrupte wêreld, die een wat met die prostituut verkeer het, word getransformeer: die Bruid met die Lam word nou teken van die nuwe, ander wêreld wat God in die herskepping gee. 

Diepe, intieme huwelikstaal. Vanaf die ideale, paradyslike man en vrou in Genesis 1, deur Hooglied, tot in Openbaring 21-22. Só praat die Bybelskywers oor God se herskepping.

Dit gebeur, vertel ander skrywers, wanneer 'n mens, moordenaar, gekruisigde, verstotene, die kop draai na die Ander een, die een in die middel: Hy weet immers, ook gekruisig, van die diepe dors na beminning, liefde, omhelsing en intimiteit. En Hy gee dit, paradyslik, oorvloedig, onverwytend - sommer daar aan die kruis.  In die woorde van uitreiking, in die aanvaarding, die liefderyke toewyding herken 'n mens die herskeppende God.

Daarom is transformasie in herskepping so 'n intense, onoortreflike gebeurtenis. Selfs groter as die transformasie in skepping. Mens op mens, bybelboek op bybelboek, spirituele teks na spirituele teks besing dit: hierdie onpeilbare uitreik van die goddelike, die grotere, die liefde, na die dorstige hart, na die moordenaar, die kuller, die bedrieër, die egbreker, die ontroue, die misdadiger, na almal wat menslik gesproke uitgeworpene en sonder hoop is. 

Dit is goddelik om hierdie rede: dit is so ánders as wat die gedeformeerde mens-syn met al sy ordentlikheid en godsdienstigheid is. Wie kan dit ooit peil: dat daar vir hulle wat bloed aan hulle hande het, jare lank met toegesmeerde gewetens geleef het, hulle met die donker geheime, wat met hulle lewens 'n spoor van vernietiging agtergelaat het, vir hulle wat godsdiens misbruik het, wat ontrou geraak het, dat vir al hierdie mense nuwe hoop gekom het. Meer nog: uitkoms aangebreek het. Dat die paradys se deure oopgemaak word. Dat die swaard wat oor die kop hang, wat die paradys van die ongehoorsames weghou, sommer net weggeneem is.  

Hoe wonderskoon is die Liefde wat tot ons kom as die Bruid, die teken van 'n nuwe lewe by God. 

Staan op my liefling, my mooiste, kon na my toe!
Kyk die reëntyd is verby,
die reën is oor, dis weg.
Daar is bloeisels in die veld,
dit het tyd geword om te sing;
die tortelduif se stem klink oor ons land.
Die voorvye kom al uit,
die wingerde bot en versprei hulle geur.
Staan op my liefling, my mooiste, kom na my toe!

Hooglied 2. 

Saturday, January 25, 2014

Die wonder van en verwondering oor God se herskeppende liefde. Oor transformasie in herskepping (3).


Die opwinding omdat God mense nie opgee wanneer hulle ontrou aan God raak nie, word soveel sterker as ‘n mens begin nadink hoedat God sulke mense weer naderbring na God toe.

Herskepping, noem ‘n mens dit: God wat die mens geskep het en toegesien het hoe die mens ontrou raak, skep nuwe moontlikhede vir die mens.

Die mens kan weer tot die paradys terugkeer. God bring die mens weer terug. Dit gebeur wanneer God die mens herschep.

Tog is die herskepping meer spesiaal en anders as die skepping. 

Die herskepping is spesiaal omdat dit nie maar ‘n gebeurtenis is waardeur die mens word wat hy of sy altyd was nie. Iets intenser gebeur: God herskep die mens beter as ooit tevore. Dit is asof God die eerste skepping oortref wanneer God mense uit hul ontrouheid gaan haal.

Juis daarom is die transformasie in herskepping so opwindend. Verstom kyk mense toe hoedat hul, ten spyte van ontrouheid, meer word as wat hulle ooit was en nader aan God kom as wat hulle ooit tevore ervaar het.

God herstel nie maar net die mens se situasie wat dit was voordat die mens die verhouding met God vernietig of verwaarloos het nie.

Dit is asof die liefdesverhouding met God tot nuwe hoogtes gevoer word.

Dit is asof die oorwinning oor die kwaad, die afskeid van die ontrouheid, ‘n ruimte skep waarin die mens op ‘n spesiale manier nuut gemaak kan word.

Wanneer mense ‘n nuwe verhouding met God ervaar, is daar altyd die gevoel dat hierdie tweede kans onverdiend gekom het. Steeds weer sê mense dit is pure genade dat hulle tot dieper insig gekom het, dat hulle ‘n ommekeer gemaak het en dat hulle ‘n spesiale liefdesband met God ervaar.

Dit is nie iets waartoe mense uit hulself kom nie. Of iets wat die mens doen nie.

Hulle bely in verwondering: dit is ‘n gawe van God. Om te kan terugkom na die Vader, is nie net ‘n terugkeer nie. Dit is ‘n aankoms in oorvloed, in onvoorstelbare goedheid.

En wie genade ontvang het, leef intenser, mooier en in intiemer as ooit tevore. Nadat die kwaad en die vernietiging uit die mens se lewe gesny is, is daar iets spesiaals aan wie die mens is.


God herskep so dat die mens asemrowend lyk. Die ou paradys is nie bloot herstel nie. Nou is dit ‘n nuwe hemel, ‘n nuwe aarde, wat duisend keer mooier is as die eerste paradys.

Friday, January 24, 2014

Die duisternis wat in 'n mens woon en die liefde wat nogtans bly vashou.

Die musikale begeleiding, maar ook die lirieke laat my keer op keer terugkom na die Halleluja.









U sien my duisternis... Oor transformasie in herskepping (2)

Transformasie in herskepping, noem Waajiman sy tweede perspektief op transformasie as ‘n sleutel-moment in spiritualiteit.

Waaijman is een van die weinige skrywers wat begryp hoe belangrik dit is dat ‘n mens transformasie inhoudelik moet omskryf. Hy weet ook dat transformasie ‘n veelvlakkige saak is. Daar is vele maniere waarop God die menslike bestaan omvorm, anders maak, verander en radikaal transformeer. ‘n Belangrike een is inderdaad deur die weg van herskepping.

Dit lyk so logies. Maar dink aan die deïsme wat God voorstel as God wat die wêreld aan die gang gesit het en nou loop die wêreld op sy eie stoom verder terwyl God onbetrokke is.

Spiritualiteit het nie ‘n deïstiese godsbeeld nie.

Trouens, die teendeel is waar: God bly, t.s.v die menslike neiging om sy eie kop te volg, betrokke. Die liefde, gekrenk deur ontrouheid, is goddelik in sy voortdurende voortgang en in sy begeerte om die mens van ontrou tot trou te bring.

Kortliks beteken die transformasie in herskepping dat die wonder van die menslike bestaan, herken in die transformasie in skepping, deur die menslike leefwyse ontsier word. Dit gebeur wanneer mense hul eie weg volg, en nie meer die beeld van God reflekteer nie. In die menslike bestaan is daar naamlik vele “afgode” – daardie eindige, konkrete, “gode” wat ‘n mens van God af wegneem en ‘n wig indryf tussen mens en God. Gevolglik word mense behep met hulself. Hulle bestaan word op hulself ingestel. Die grootste afgod word die mens self.

Die gevolg hiervan kan vernietigend wees.

Hulle word bewus daarvan dat God se teenwoordigheid in hul lewens nouliks of glad nie meer beleef word nie. Vervreemding tree onwillekeurig in: afgodery, verknogtheid aan die nie-goddelike bring ontnugtering, onsekerheid, verdraaide behoeftes.

Mense wat op hulself ingestel is, sien nie meer vir God raak nie. Hulle God word vermenslik, word ‘n afgod. In Bybelse tye het die profete, bewus van God se heiligheid, goedheid en soewereiniteit, met groot minagting gepraat van mense wat dinge aanbid wat uit hout, klip, yster en ander materiële dinge gemaak is.

God is nie meer die Lewende, wat ‘n liefdesverhouding met die mens aanknoop en onderhou nie. 

God word ‘n idee, ‘n abstraksie, ‘n energie, ‘n voorwerp, ‘n stuk beton. Swaar, neerdrukkend, verdrukkend, verwronge, gedistansieerd, ‘n bedreiging, ‘n tien gebooie. God is dan ook die slimme, die groot Intelligensie, die Wysheid, asof ‘n mens in al hierdie idee’s rus en vertroue kan vind.

So word alles wat in die skepping gegee word deur God wat in liefde die mens as ‘n ewebeeld vir God uit niks tot stand bring, word een of ander tyd gedeformeer en vervorm.

Nog altyd dus, was daar in die geskiedenis die groot dinamiek van goed en kwaad. Wat bring die mens om sy/haar goddelike bestemming te herken en na te jaag? Want die mens het ‘n neiging tot die kwaad, tot ongehoorsaamheid, om vir verleiding tot beter-weet in te gee.

Een van die beroemdste beelde in spiritualiteit is die beeld van die twee weë: die lewensreis van die mens bereik telkens ‘n vurk in die pad. Die een pad lei na God. Die ander een neem die mens weg van God.

Juis daarom is spiritualiteit ‘n proses: die mens moet gedurig weer die donkerte in sy innerlike herken.

Soms is die proses swaar, en mense sien dit dikwels as ‘n stryd.

Maar daar sit ‘n stuk wonder en bevryding in. Die menslike bestaan is nie ‘n stuk noodlot nie, asof die mens aan die kwaad oorhandig is nie.

Daar is ‘n uitweg, ander moontlikhede. Die wonder van die nimmereindigende liefde, wat, teen alle kwaad in, nooit opgee nie.

Om dan, met vreugde, met ‘n sonore loflied, ‘n aanbiddende halleluja, te kan sing oor die ánder weg tot die lig wat tog nog bestaan – gegee as ‘n reis ondanks en ten spyte van die innerlike donkerte wat verstikkend ‘n mens se lewe in ‘n houvas gekry het.

God herskep gedurig, onherroeplik verbind daartoe deur die Liefde.






Thursday, January 23, 2014

Wanneer tragedie en trauma oor 'n mens se pad kom...


In gister se NYT verskyn die berig oor die lyding van 'n familie wat twee trauma's beleef het. En hulle reaksie op die meelewing wat hulle van ander ontvang het. 

'n Inspirerende berig. 

Tragedy has twice visited the Woodiwiss family. In 2008, Anna Woodiwiss, then 27, was working for a service organization in Afghanistan. On April 1, she went horseback riding and was thrown, dying from her injuries. In 2013, her younger sister Catherine, then 26, was biking to work from her home in Washington. She was hit by a car and her face was severely smashed up. She has endured and will continue to endure a series of operations. For a time, she breathed and ate through a tube, unable to speak. The recovery is slow.

The victims of trauma, she writes in a remarkable blog post for Sojourners, experience days “when you feel like a quivering, cowardly shell of yourself, when despair yawns as a terrible chasm, when fear paralyzes any chance for pleasure. This is just a fight that has to be won, over and over and over again.”

Her mother, Mary, talks about the deep organic grief that a parent feels when they have lost one child and seen another badly injured, a pain felt in bones and fiber.
But suffering is a teacher. And, among other things, the Woodiwisses drew a few lessons, which at least apply to their own experience, about how those of us outside the zone of trauma might better communicate with those inside the zone. There are no uniformly right responses, but their collective wisdom, some of it contained in Catherine’s Sojourners piece, is quite useful:

Do be there. Some people think that those who experience trauma need space to sort things through. Assume the opposite. Most people need presence. The Woodiwisses say they were awed after each tragedy by the number of people, many of whom had been mere acquaintances, who showed up and offered love, from across the nation and the continents. They were also disoriented by a number of close friends who simply weren’t there, who were afraid or too busy.
Anna and Catherine’s father, Ashley, says he could detect no pattern to help predict who would step up and provide the ministry of presence and who would fumble. Neither age, experience nor personal belief correlated with sensitivity and love.

Don’t compare, ever. Don’t say, “I understand what it’s like to lose a child. My dog died, and that was hard, too.” Even if the comparison seems more germane, don’t make it. Each trauma should be respected in its uniqueness. Each story should be heard attentively as its own thing. “From the inside,” Catherine writes, comparisons “sting as clueless, careless, or just plain false.”

Do bring soup. The non-verbal expressions of love are as healing as eloquence. When Mary was living with Catherine during her recovery, some young friend noticed she didn’t have a bathmat. He went to Target and got a bathmat. Mary says she will never forget that.

Do not say “you’ll get over it.” “There is no such thing as ‘getting over it,’ ” Catherine writes, “A major disruption leaves a new normal in its wake. There is no ‘back to the old me.’ ”

Do be a builder. The Woodiwisses distinguish between firefighters and builders. Firefighters drop everything and arrive at the moment of crisis. Builders are there for years and years, walking alongside as the victims live out in the world. Very few people are capable of performing both roles.

Don’t say it’s all for the best or try to make sense out of what has happened. Catherine and her parents speak with astonishing gentleness and quiet thoughtfulness, but it’s pretty obvious that these tragedies have stripped away their tolerance for pretense and unrooted optimism.
252
COMMENTS
Ashley also warned against those who would overinterpret, and try to make sense of the inexplicable. Even devout Christians, as the Woodiwisses are, should worry about taking theology beyond its limits. Theology is a grounding in ultimate hope, not a formula book to explain away each individual event.

I’d say that what these experiences call for is a sort of passive activism. We have a tendency, especially in an achievement-oriented culture, to want to solve problems and repair brokenness — to propose, plan, fix, interpret, explain and solve. But what seems to be needed here is the art of presence — to perform tasks without trying to control or alter the elemental situation. Allow nature to take its course. Grant the sufferers the dignity of their own process. Let them define meaning. Sit simply through moments of pain and uncomfortable darkness. Be practical, mundane, simple and direct.

Ashley and Mary went to Afghanistan a few months after Anna’s death. They remember that as a time out of time. They wept together with Afghan villagers and felt touched by grace. “That period changed me and opened my imagination,” Ashley recalls. “This thing called presence and love is more available than I had thought. It is more ready to be let loose than I ever imagined.”

Wednesday, January 22, 2014

Hoe mense baklei...


Ek het gister 'n berig uit Trouw aangehaal oor die ongelukkigheid in Nederland oor die opmerkings van die aartsbiskop van Utrecht. Hy het intussen ontken dat hy sou gesê het dat Protestante nog steeds vervloek is. Hoe sensitief die verhouding tussen die twee tradities is, blyk uit die geskiedenis van die moderne tyd waarin deur belangrike groepe aan 'n dialoog gewerk word. Die opvolgberig hier onder is dus ook interessant. Wanneer 'n mens dit deurlees, besef 'n mens hoe kosbare verhoudinge op 'n jammerlijke wyse vir eeue vernietig kan word waar die egte wil om mekaar te verstaan en om ruimte vir die ander te skep, skynbaar ontbreek.

Dit bring my by die eintlik onderstroom waaraan die kerk aandag behoort te gee: die dae van konfrontasie en die onderlinge wenkultuur is lankal verby. Die polemiese aanpak en die wil om die opponent uit te skakel, het geen plek in die menslike bestaan nie, veral nie in die kerkelike lewe nie.  

Ek kan dink aan vele bitter stryd-kwessies op makro en mikrovlak in die kerklike lewe wat onnodig, onverkwiklik en jarelange onnodige verwydering veroorsaak. 

Wanneer mense eers aan die baklei raak, word die manier waarop hulle met mekaar verskil tot almal se nadeel nie genoeg bedink nie. Sou dit maar net meer gebeur, sou die kerklike beeld in die samenlewing nie so droewig wees nie. Op mikrovlak sien 'n mens die venijnigheid in die straatpraatjies van gemeentelede, maar ook in die meningskolomme van kerklike tydskrifte en in lesersreaksies op godsdienstige kwesties. 

Hier is die insiggewende berig: 


Aartsbisschop Wim Eijk van Utrecht stelde in een interview dat veroordelingen uit de tijd van de Reformatie nog steeds geldig zijn. Tot boosheid van prominente Nederlandse protestanten: zij noemen de uitspraken 'hard' en schofferend. Zijn protestanten in de ogen van Rome nog steeds vervloekt?

Eijk sprak vorige week in een interview met het Reformatorisch Dagblad over het Concilie van Trente (1545-1563). Die kerkvergadering oordeelde dat mensen vervloekt waren als ze 'met kennis van zaken, in het volle besef van de waarheid en met een vrije wil' de geloofswaarheden van de kerk verwierpen. Eijk stelde dat de besluiten nog geldig waren (al was het 'een theoretische kwestie').

Voorzitter Gerrit de Fijter van het protestantse platform Nationale Synode noemde uitspraken vrijdag 'het betonrot in de oecumene'. 'Eijk bezorgt het gewone kerkvolk nog eens een burn-out', meende De Fijter.

Bas Plaisier, voormalig scriba van de Protestantse Kerk in Nederland (PKN), vond Eijks opmerkingen 'formeel en hard'. Plaisier snapte naar eigen zeggen 'niet waar de aartsbisschop mee bezig is'. De PKN wilde niet publiekelijk op de uitspraken reageren.

'Eijk laat bijna alle context weg'
Volgens kerkhistoricus Peter Nissen, tot voor kort rooms-katholiek maar nu remonstrants, gaat Eijk erg kort door de bocht. Uitspraken van concilies zijn onherroepelijk en eeuwig geldig, vertelt Nissen. 'Daar kan Eijk niets aan veranderen.'

Nissen: 'Toch laat hij hier bijna alle context weg. Daardoor doet hij geen recht aan de inzichten van historici en alle gesprekken die tussen katholieken en protestanten zijn gevoerd.'

Eijk had er volgens hem ook op kunnen wijzen dat recente concilies een veel mildere toon aansloegen. Nissen: 'Vijftig jaar geleden, tijdens het Tweede Vaticaanse Concilie, heeft de kerk de besluiten van Trente genuanceerd. En paus Johannes Paulus II verspreidde een tekst waarin hij zei dat we zo onbevangen mogelijk moeten kijken of de veroordelingen nog wel adequaat zijn.'

Die nuances zijn heel terecht, vindt Nissen. 'In het tumult van de Reformatie was het misschien nodig om duidelijke theologische grenzen te trekken. Nu kan de kerk beter zoeken naar wat katholieken en protestanten gemeen hebben.'

Rome kijkt al anders naar Luther
Volgens Hendro Munsterman, katholiek theoloog aan de universiteit van Lyon, berusten de oude veroordelingen deels op een misverstand. Hij spreekt van een 'erg theologische kwestie'.

Munsterman: 'Reformator Luther stelde dat mensen alleen door geloof gered konden worden. De rooms-katholieke kerk nam daar aanstoot aan, want Luther zou veel te weinig waarde hechten aan het doen van 'goede werken'; morele en liefdadige handelingen. In de jaren '70 constateerde Rome dat ze Luther verkeerd begrepen had: hij vond 'goede werken' helemaal niet zo onbelangrijk als het Concilie van Trente destijds dacht.'

'Aartsbisschop Eijk heeft dat voortschrijdende inzicht kennelijk gemist', vertelt Munsterman. 'Hij maakte terecht duidelijk dat de veroordelingen van het Concilie van Trente niet direct van toepassing zijn op hedendaagse protestanten. Maar hij impliceert wel dat protestantse ideeën nog steeds worden veroordeeld. Ik kan me goed voorstellen dat protestanten daar boos om worden.'

De bisschoppenconferentie zegt erg geschrokken te zijn. Volgens een woordvoerder was Eijk er absoluut niet op uit om protestanten te schofferen. De vervloeking zou enkel betekenen dat iemand geen praktiserend lid van de rk-kerk kan zijn.


Blog Archive