Thursday, May 29, 2014

Hoe swaar...

Dit is meestal swarigheid waarvan mense wil praat: wanneer iemand 'n koerant wil begin wat net goeie nuus berig, word dit met sinisme begroet. Hoe kan 'n mens al die ellende om ons miskyk? Wil mense dan soos volstruise kop in die sand druk? En dink alles is net mooi en goed? 

Duidelik, egter, is goeie nuus nie groot nuus nie.

In geselskap hoor 'n mens die klagtes oor die lewe wat so swaar is, oor die korrupsie, oor diefstal, moord en 'n samelewing in verval.

So swaar.

Maar, vra Hammarskjold, die mistikus, is die lewe werklik so sleg?

Of is dit eerder ons hande wat so klein is om al die rykdom wat aan ons gegee word, te neem, of is dit omdat ons visioen so gebrekkig is om die groot dinge ook raak te sien?

Is die lewe regtig so triestig?

Is dit nie eerder ons wat meer volwasse moet raak, wat moet insien dat die lewe veel meer as die negatiewe is? 

Hoe krampagtig hou mense vas aan die donker kant van die lewe.

En dan kyk ons in die proses die helder, ligkant mis.

Wednesday, May 28, 2014

Dit is wat in die hart broei eerder as wat op jou bord is...

Dieet het in Bybelse tye 'n belangrike invloed op godsdiens gehad. Bloot net om met ongewasde voete vir 'n ete aan te sit, was al 'n oortreding.  Hoe 'n mens eet en wat 'n mens nuttig, bepaal 'n mens se godsdienstige reinheid.

Daarom was mense kwaad dat Jesus met sondaars geëet het: hy het die belangrike reinheidswette geïgnoreer.

Dit verklaar waarom Petrus in Handelinge nog geweier het om die onrein diere te eet wat in 'n visioen aan hom verskyn het. As goeie Jood wou hy dieet-gebruike nog nakom.

Wat 'n mens eet, is deur vele voorskrifte gereël: Joodse gelowiges het byvoorbeeld gesondig as hulle varkvleis geëet het omdat varkvleis as onrein beskou is. Wie dit eet, word onrein en kan dan nie sy of haar godsdienstige pligte nakom nie.

In Markus 7:20-23 praat Jesus oor heiligheid en keer die hele saak op sy kop: 'n mens word nie onrein deur wat 'n mens eet en in jou maag ingaan nie.

Jy word eerder onrein deur dit wat uit jou hart opkom. 

Dit is 'n boeiende opmerking: die bose bedoeling wat in 'n mens se hart broei, vergiftig jou hele lewe.

'n Mens kan dus baie "rein" en "heilig" leef, maar nogtans onrein wees as 'n mens se hart ver van God af is.

Natuurlik is Jesus nie onverskillig teenoor die wet nie. Dit is nie soseer die voorskrifte nie, maar die liefde wat tel. Die geestelike lewe bestaan nie daaruit om allerhande lyste te maak van wat sonde is of nie sonde is nie. 

Jesus beklemtoon dus dat 'n mens se innerlike ingesteldheid steeds belangrik bly. Die geestelike lewe is veel eerder ingestel daarop om die mens se hart op God te rig.
 Die reinheidsvoorskrifte is immers daar om 'n mens in staat te stel om God op die allerbeste manier te dien - met liefde en nie om gedurig te sit en bereken watter wette 'n mens moes nagekom het nie. 

Tuesday, May 27, 2014

Onuitstaanbaar

Skryf Pascal op 'n keer: 

Niks is vir mens so onuitstaanbaar as om heeltemal rustig te wees, sonder enige emosies, sonder om besig te wees en sonder vermaak. 

Mense het arm geword - arm aan lewe.



Sunday, May 25, 2014

Heiligheid en verinnerliking

Reëls word van buite af vir mense gegee. Dit wil mense se lewens stuur.

In Bybelse tye is daar byvoorbeeld allerhande voorskrifte oor wat 'n mens mag eet en nie mag eet nie. Wie hulle nie hieraan hou nie, verontreinig hulleself. 

Maar Jesus reken nie sommige voedsel as rein en ander as onrein nie. Alle voedsel is rein (Markus 7:19).

Net so onbelangrik vir Jesus is al die reinheidsvoorskrifte: of 'n mens hande voor ete was of nie.

Uiteindelik bly dit uiterlike dinge. 

Jesus wys steeds weer op die verskynsel van skynheiligheid. Dit is wanneer 'n mens se uiterlike optrede skynbaar heilig en rein is, maar van binne is daar onreinheid.

Wat tel, sê Jesus, is nie wat 'n mens inneem nie, maar wat in 'n mens se hart aan die gang is.

As 'n mens innerlik rein en heilig is, sal dit na buite uitwerk en mense se lewens transformeer. Dan kom dit vanself, sonder om afgedwing te word. Heiligheid na buite is dan die gevolg van 'n mens se innerlike skoonheid en die begeerte om soos God te lyk.

Godsdiens is eg wanneer dit verinnerlik is - beleefde geloof.


Saturday, May 24, 2014

Wat werklik tel: nie eksklusiewe heiligheid nie, maar die verlange na heiligheid

Daar is 'n inherente neiging by mense om eksklusief te dink en op te tree.

Elke kerk, groep of staat stel sekere grense vas waarbinne dit funksioneer en wie daaraan kan behoort.

Sulke grense sluit bepaalde individue in wat by die groep pas en sluit mense uit wat nie by die groep hoort nie.

Die mense wat uitgesluit word, wissel baie - afhangende van die konteks waarin mense leef.

In Bybelse tye het dit ook gebeur.

Daar is in die Bybel grense wat deur die motief van heiligheid gestel word. In die Ou Testament wentel die grense rondom die tempel. Hoe nouer mense aan die tempel verbind is, hoe prominenter is hulle. Die hoëpriester en priesters is bo-aan hierdie lys. Die Leviete, wat hulpdiens in die tempel doen, is ook op 'n besondere vlak. Die gewone Israeliete wat gereeld in die tempel aan die offerkultus mag deelneem, is volgende.

Onderaan die leer van bevoorregting is vroue, slawe en mense wat met nie-Jode ondertrou het. En nog slegter af is die mense wat siektes het: melaatses, blindes en verlamdes. Hulle mag nie in die tempel gekom het nie en is ook uit die samelewing verstoot.

Dit het voortgeduur tot in die tyd van die Nuwe Testament. In die bediening van Jesus was die ongerekendes mense wat oneties leef, soos die tollenaars en sondaars wat heel onder op die leer is (Lukas 15:1-2). Dan volg, soos in die Ou Testament, die mense wat een of ander liggaamlike gebrek het. Dit sluit die melaatses, die verlamdes en die blindes in. Ook vroue wat menstrueer is onrein (Mk. 5:24-34). 'n

'n Volgende groep is mense wat nie die voorskrifte van hulle Joodse tydgenote nakom nie - en dit sluit bv. Jesus, Petrus en Johannes in (Hd. 4:13). Minder onaanvaarbaar is getroues soos die ryk jongman (Mk. 23:50-51). Dan, op die bopunt van heiligheid vind 'n mens die Fariseërs, die skrifgeleerdes en priesters, met - heel bo - die hoëpriesters.

Terwyl die bevoorregtes hoog geag is, is die ongerekendes uitgesluit en verwerp. Hulle was nie heilig genoeg nie. 

Die opvallende is nou dat Jesus hom nie aan hierdie sosiale struktuur gesteur het nie. Sy bediening het grootliks gefokus op hulle wat uitgesluit en eenkant gestoot is. Nie om hulle goed te praat nie of om hulle skotvry te laat nie.

Hy het eerder vir hulle genader met die boodskap van Goddelike genade omdat 'n mens se sosiale status nie deurslaggewend is nie. Wat tel, vir Jesus, is eerder hoe oop 'n mens is vir God se aanbod van liefde. Wat tel, is, vir Jesus, die verlangen om so heilig soos God te kan word. 



Friday, May 23, 2014

In die gesig kyk...

Hammarskjold skryf dat die lewe van 'n mens nie meer vra as die krag wat 'n mens het nie.  

'n Mens kan hierop net op een manier reageer: deur nie weg te hardloop nie.

Thursday, May 22, 2014

Die Bybel as deel van 'n ryke tradisie

In vanoggend se Trouw is daar die berig oor 'n debat tussen Nederlandse Ou-Testamentici oor 'n onlangs teorie dat die  Bybelse paradysverhaal ooreenstemminge toon met 'n baie ouer weergawe. 

Wat my interesseer is nie soseer die spekulatiewe besinning nie, maar die opmerking van een van die persone dat die Ou Testament deel uitmaak van 'n ryke tradisie van die eerste mensheid.  

Dit is al lank 'n debatspunt onder Bybelwetenskaplikes dat Bybellesers te veel soek na die unieke van die Bybel en te min nadink oor die manier waarop Bybelskrywers in gesprek was met ou tradisies van die mensheid. 

Natuurlik sal die  Bybelse verhale steeds weer 'n eie, belangrike punt maak. Dit bly boeiend om te dink dat die Bybel altyd weer in gesprek met hulle omgewing was en met vrymoedigheid hul eie verhaal kon vertel. 

Dit laat my dink aan hoe van die mees bekende en geliefde kerkliedere se melodieë oorgeneem is uit die sekulêre wêreld en toe 'n geestelike betekenis gegee is. In vroeëre tye is van hiertoe liedere in die kerk se liederebundel verwyder om dat dit "kroegdeuntjies" was. Baie mense het dit as 'n verlies ervaar omdat die liedere hulle herinner het aan besondere geloofservaringe en die gedagte van kroegmusiek nie naasteby by hulle wakkergemaak is nie. 

Hier is die berig: 

De  tekst is vijf eeuwen ouder dan bijbelboek Genesis, maar gaat wel over een paradijselijke tuin, een listige slang, twee menselijke wezens en een grote catastrofe. Zelfs scheppergod El, die dezelfde naam draagt als de god in Genesis, is van de partij.
Dat is vast geen toeval, schrijven Marjo Korpel en Johannes de Moor van de Protestantse Theologische Universiteit (Groningen en Amsterdam) in een vorige week verschenen studie.


De vertelling die ze aantroffen op twee Syrische kleitabletten uit de 13e eeuw voor Christus is volgens hen een voorloper van het bijbelse paradijsverhaal. De overeenkomsten zijn zo talrijk zijn dat 'vrijwel alles' erop wijst dat het om dezelfde Adam gaat. Experts konden voorheen alleen vermoeden dat zo'n tekst bestond. Bewijs was er niet.

Korpel en
De Moor menen dat de tabletten, die al decennia geleden zijn opgegraven, samen één geheel vormen. Ze vertellen over Horon, een god die El van zijn troon wil stoten en als straf zelf uit de godenvergadering wordt gegooid. Horon transformeert zich in een slang en bijt een andere god: Adam. Die wordt daardoor menselijk.


'Een geval van parallelomania'
Oudtestamenticus Meindert Dijkstra is echter nog niet overtuigd dat het hier om een voorloper gaat. Hij doet sinds veertig jaar onderzoek naar de taal en cultuur waaruit de tabletten stammen - het Ugarit - en gaf dit onderzoek als referent een kritische lezing.


Dijkstra: 'Ze presenteren de tekst als een oerversie. Maar in mijn optiek valt de naam Adam hier maar één keer - áls het al om Adam gaat. Deze teksten zijn alleen geschreven met medeklinkers, dus je moet veel zelf invullen. De andere keren wordt er alleen naar hem verwezen. Over Eva ben ik helemaal kritisch. Haar naam wordt niet genoemd. Er is alleen heel kort sprake van een vrouwelijke gestalte.'


Korpel en De Moor zien wel heel veel overeenkomsten, vindt ook oudtestamenticus en hoogleraar vroeg jodendom Mladen Popovic. 'Daar hebben we een term voor: parallelomania.' De hoogleraar van de Rijksuniversiteit Groningen deed lange tijd onderzoek naar de Dode Zeerollen en vindt het naar eigen zeggen prachtig dat zijn collega's weer eens aantonen dat 'het Oude Testament deel uitmaakt van een veel rijkere traditie dan de meeste mensen denken'.
'Maar ze hadden wel iets voorzichtiger mogen zijn', vindt Popovic. 'Ik was na het lezen van hun boek bijvoorbeeld niet overtuigd dat Adam in deze tekst een god is en dat zijn partner Eva is.'

Ook de grote verschillen in verhaallijnen maken Popovic arwanend. 'In Genesis verleidt de slang Eva om kennis te krijgen van goed en kwaad. In deze tekst spreekt de slang niet: hij bijt alleen. Dan moet je je afvragen in hoeverre je van een voorloper kunt spreken. Ja, het gaat hier om een tuin, een boom en een slang. Maar we hebben eerder al verhalen met die elementen gevonden. Dit is echt niet hetzelfde verhaal als Genesis.'


Korpel ziet naar eigen zeggen uit naar het academisch debat over de tekst. Verder wil ze er nog niet te veel over kwijt. 'Onze theorie is maar een theorie. Maar inderdaad, wij vinden hem heel aannemelijk.' 

Zij en De Moor zijn bewust niet al te stellig, vindt ze. 'Veel verhaalelementen verschillen. Maar beide verhalen gaan duidelijk over het begin van de mensheid en over een zondeval. Zo zijn er nog talloze overeenkomsten. Dat kun je niet zo maar van tafel vegen.'


Nu weten we ook waar die gevallen engel vandaan komt

We moeten ons ook niet blindstaren op de gelijkenissen met Genesis, vindt Dijkstra. Volgens hem biedt de vondst ook andere boeiende inzichten. Zo lijkt Horon op de figuur van wie later in het Oude Testament wordt verteld dat hij een gevallen engel is die Gods plaats wilde innemen.

Interessant, want de boeken Ezechiël en Jesaja bevatten alleen een verwijzing naar hem. De lezer moet het verhaal zelf duidelijk ergens anders zoeken. Bij een mondelinge overlevering, bijvoorbeeld. Of een vroegere tekst. 'Dit zou wel eens zo'n tekst kunnen zijn', meent Dijkstra. Het Nieuwe Testament verwijst ook naar vroegere verhalen over Satan. 'Deze studie maakt overtuigend duidelijk dat de schrijvers van het Nieuwe Testament de duivel niet alleen kenden van het Oude Testament, maar vooral ook uit nog oudere teksten.'

Wednesday, May 21, 2014

Verinnerliking: wanneer heiligheid soek om verstarring te deurbreek

Hoe dink mense oor hulleself en watter gevolge het dit vir hulle lewens?

Die vraag kom by 'n mens op wanneer 'n mens met die Joodse volk te doen kry: hulle hou vas aan die besnydenis, die Sabbat, die eet van sekere soort voedsel en aan die offerkultus omdat dit hulle identiteit bepaal. Deur die besnydenis gee iemand te kenne dat hy 'n Jood is. Deur die Sabbat te onderhou, word 'n verdere identiteitsmerker vasgehou.

Christene het ook aan hierdie reëls vasgehou. Mettertyd het hulle nuwe gestalte daaraan gegee: die doop het die besnydenis begin vervang. Christene het varkvleis geëet en ander reëls oor voedsel begin verontagsaam. Hulle het ook reinheidsvoorskrifte soos die was van hande begin loslaat. Offers is nie meer gebring nie.

Maar Christene sweer nie die gedagte van heiligheid en reinheid af nie. Die doop, byvoorbeeld, reinig 'n mens. Die mens offer gebede aan God. Belangrik is dit vir hulle om op 'n Sondag die opstanding van Jesus te gedenk.

Sondag word 'n heilige dag. Die doop word 'n heilige sakrament. Offerandes beteken om jouself vir ander op te offer.

Nuwe tye, nuwe manier van heiligheid!

Dit is nie alleen net, soos Neyrey beweer, dat Christene meer oop was en graag die heiden-gelowiges vrye toegang tot die familie van God wou gee nie.

Deur die nuwe vorme van heiligheid, het hulle hulself ingestel op God se nuwe dade in Christus. Hulle het besef dat God groot dinge doen op 'n ander, nuwe manier - 'n geestelike manier. Dit is die tyd van die Heilige Gees, van aanbid in Gees en in waarheid - in Christus.

Dit beteken die spiritualisering van 'n mens se geloof. Wat saak maak is nie of 'n mens konkrete, heilige dinge doen nie. Wat saak maak is of hierdie heilige dinge uit 'n mens se hart opkom en 'n durende effek op 'n mens se lewe het.

Die nuwe bedeling in Christus is daarom by uitstek 'n verinnerlikingsbeweging. Dit word 'n tyd waarin 'n mens alles feil het om deel te word van God se vernuwende beweging.




Blog Archive