Tuesday, January 31, 2012

Eensaamheid in die werkplek

Vir mense wat nadink oor die spiritualiteit van die werkplek, maar ook oor spiritualiteit in ons tyd waain mense smag na intimiteit, is die artikel hier onder in vandag se New York Times belangrik. Christen sakelui, veral bestuurders, kan veral ook doen met die raad daarin.

Spiritualiteit van werk, of van die werkplek, is 'n groeiende dissipline in spiritualiteit  en behoort tot die ondersoekveld van Gemeenskapspiritualiteit. Dit lewer 'n belangrike bydrae om 'n meer menslike gemeenskap tot stand te bring en 'n situasie in die werkplek te bevorder waarin mense gelukkig is.

Die spiritualiteit kan ook waardevol vir die prediker wees, dink ek toe ek die artikel lees. Dikwels hoor 'n mens preke oor hoe 'n gelowige by die "kantoor" of die "werk" sy/haar geloof moet uitleef, maar die gedagte bly in die lug hang of mense is sku daarvoor - menende dat dit beteken hulle moet Bybelstudiekringe hou of gebedsbyeenkomste organiseer. Mense het nie altyd sin in demonstratiewe geloofsgebare nie. Op dieselfde manier weet baie mense dat meer indirekte vorme van geloofsbelewing sterker slaankrag het en groter indruk maak.

In die artikel kan 'n prediker konkrete insig vind en gedagtes optel wat van 'n meer praktiese aard is: ek hou byvoorbeeld van die gedagte in die artikel dat 'n mens by jou werkplek 'n kollega se eensaamheid (dikwels weggesteek) kan help beveg deur 'n vriendelike woord, geselsie, saam tee drink of een of ander vorm van aandag skenk. Deur sulke bietjie aandag kan iemand se lewe getransformeer word. Des te meer kan iemand vanuit sy of haar geloof hiertoe geïnspireer word.

Dit is ook interessant dat eensaamheid aansteeklik is. Eensaamheid is ook aansteeklik en het 'n uitkringende effek in die sin dat 'n eensame mens naderhand depressief, negatief en afbrekend word.

As daar nie iewers deur die kringloop van eensaamheid in die werkplek gebreek word nie, word die gevoelens net sterker en bring dit steeds weer groter depressie.

Daarom kan die prediker vertel dat 'n mens bedag moet wees op eensaamheid in jou eie lewe en vir eensame mense sodat 'n mens nie ingetrek word in 'n kringloop van negatiwiteit nie.

 As mense in 'n kantoor-situasie vervreemd voel, kan een gelowige mense se vriendelikheid en vreugde brood-nodig wees en so 'n situasie begin transformeer. 
Ek bly ook kou aan die gedagte in die artikel dat eensaamheid iets is wat deel is van die menslike bestaan en dat 'n mens daarvoor bedag moet wees. Eensaamheid is dus byna onvermydelik. Wie mens is, ervaar dikwels sulke gevoelens.

In 'n mens se persoonlike lewe kan eensaamheid seer maak. Maar hoeveel mense besef dat 'n werkplek - soos selfs 'n kerk - mense se eensaamheid kan verdiep? Hoe dikwels dink 'n geloofsgemeenskap na oor hoe organsisasie en instellings bydrae om mense te vereensaam en ongelukkig te maak?

Ek het dit al dikwels gehoor: mense is eensaam, maar wil nie kerk toe gaan nie omdat hulle vriendelikheid mis en omdat hulle eenkant voel. Ondenkbaar dat selfs die kerk so kan funksioneer dat mense in sy midde dikwels meer eensaam word.

'n Mens kan hierdie gedagtes wyd uitbrei: eensaamheid in 'n gemeenskap, in 'n skool (bv waar kinders geboelie word), op die sportveld. Oral waar mense in groepe bymekaar kom is daar die individu wat swaar kry om raakgesien en gewaardeer te word, of bloot net te meng. Hier kan ontferming vanuit 'n Christelike perspektief gesien, transformerend wees. Jongmense kan aangespoor word om op te let op skoolmaats wat eenkant is en eensaam is en doodgewoon vir hulle vriendelikheid te bewys. In 'n straat woon daar 'n gesin wat dalk nie maklik kommunikeer nie en wat verlang na bietjie aandag. Mense by die werkplek kan 'n punt maak om 'n stukkie menslike solidariteit elke dag op kantoor uit te leef. Miskien deur klein geloofsgroepsaktiwiteit, ja, maar baie meer nog deur 'n vriendelik groet, 'n gewone gesels, 'n koppie koffie saam deel...

Hier is die artikel:


Building a Bridge to a Lonely Colleague
By PHYLLIS KORKKI
Published: January 28, 2012

IT’S lonely at the top, or so it is said. But in fact it doesn’t matter where a person is in the office hierarchy — employees at all levels become lonely, even when other workers are all around them.

Research into loneliness has tended to focus on people’s private lives and on groups that may be prone to it, like the elderly. But some researchers have done studies on workplace loneliness, and have found that it hurts not only individuals but organizations as a whole.

Loneliness is a perception of isolation or estrangement from others, says Barsade, a management professor at the Wharton School of the University of Pennsylvania. It arises from “the critical human need to belong,” she says.

Loneliness is not the same as solitude, which can be a positive and welcome state. Nor is it synonymous with depression, although the two may be correlated, says Sarah Wright , a senior lecturer in organizational leadership at the University of Canterbury in Christchurch, New Zealand. With loneliness, there is a need to rid oneself of distress “by integrating into new relationships,” she explained in an e-mail. “With depression, there is a drive to surrender to it.”

Because it is part of the human condition, loneliness is often regarded as a personal problem. But managers may need to view it as an organizational issue as well, according to research by Professor Barsade and Ozcelik, an associate business professor at California State University, Sacramento.

In a recent study of more than 650 workers, the two researchers found that loneliness — as reported both by the sufferer and his or her co-workers — reduces an employee’s productivity. This was true on both individual and team-oriented tasks.

Just look at what loneliness can do to a person, and you’ll see why. “Loneliness tends to distort social cognition and influences an individual’s interpersonal behavior, resulting in increased hostility, negativity, depressed mood, increased anxiety, lack of perceived control and decreased cooperativeness,” Dr. Wright says.

Professor Barsade is investigating whether loneliness may also be “contagious,” the way she has found emotions like anger and happiness to be in the workplace.

So what to do? First, realize that “loneliness is an emotion, and we should listen to it,” Dr. Ozcelik said.

Those trying to combat loneliness should remember that “it is actually about the quality of relationships and not the quantity,” Professor Barsade said.

JUST one close relationship with a colleague can make all the difference. The recent economic downturn may well have been a factor in heightening feelings of workplace loneliness, said Nancy Molitor, a public education coordinator for the American Psychological Association and a clinical psychologist in private practice in Wilmette, Ill.

Even among people who have kept their jobs, she said, office layoffs may mean a loss of contact with someone “who wasn’t just a co-worker, but a friend.”
To fight loneliness, employers don’t necessarily want to organize more parties, Dr. Ozcelik said. “Being lonely in the middle of a crowd can be exhausting,” he said. “Creating more distractions won’t help those people.”

Helping a colleague, or yourself, out of loneliness, may involve such simple steps as taking the time for a chat, asking for input on a project, or offering an invitation to coffee or lunch.

And perhaps managers shouldn’t feel so irritated by the occasional raucous coffee break or a lingering conversation about last night’s game or TV show. These types of encounters may promote bonding that causes people to work harder.

But sometimes loneliness can be built into the fabric of an organization. An atmosphere of distrust, suspicion and fear can cause workers to feel estranged from one another, Dr. Wright has written.

And even without those elements, the way that work is structured can either inhibit or enhance a sense of community, Professor Barsade said.

“Managers need to be thoughtful about making sure that their teams and team members are interpersonally engaged and connected to each other,” she said. “We know that’s a mechanism through which good work gets done.”

Monday, January 30, 2012

Die skoonmoeder se lot...

Kleinsus, in België, word oor die naweek deur haar tante afgeneem, salig onbewus, sekerlik, van die naam wat die plant moet dra. Skoonmoeders, lyk my, is wêreldwyd 'n netelige saak...






Sunday, January 29, 2012

Ook die skadu's by die mooi

Die laaste naweek van ons besoek, kom ons uit by van die mooiste dele in Indië. Ons reis na 'n woud naby Palackad en bly die aand in Nelliyampathy in Kerala. 

Dit word 'n boeiende reis, met tonele van 'n reusedam, groen tee-plantasies, stokou bome en, dan, vir my, die blomtrosse wat 'n prieel vorm by die ingang van die oord waar ons bly. 

Ons sien 'n kant van Indië wat 'n mens, na al die verkeer, armoede, bouwerk, mense-massas, nie gedink het moontlik is nie.

Skoonheid vind ek in die dam, omsoom met reuse-berge:





Tee-plantasies:



Mooi lyk die prieel van blomme by die kantoor van ons blyplek:





Maar eers van naby bekoor die leeubekkie-agtige blomme in die geel-rooi-groen kleurespel:




Reuse goliatterige bome staan die woud vol. As 'n mens mooi kyk, sien jy, minuskuul, my twee kollegas, onder na die regterkant van die boom se stam, terwyl hulle op 'n swaai sit:








Ook te midde van hierdie prag, laat die mens sy teenwoordigheid blyk. Besoedeling is 'n manier waarop mense die natuur se skoonheid verbykyk:



Saturday, January 28, 2012

Wiele met hul wavragte

Terwyl ek nog boedel opmaak oor my ervaringe in Indië, kom die beelde oor al die voertuie gereeld by my op. Dit bult jou brein hoe mense enige iets gans vernuftig op hul wiele oplaai. En daarby, samehangend, is die grootskaalse informele ekonomie. Want wat op wiele is, is op pad om verkwansel te word.









Orals, orals sien jy dinge te koop. Op die manier, soos op die foto hieronder wys, verkoop mense sommer langs die pad hordes valhelms vir motorfietse - netjies in hul plastiek toegedraai, hul tuite in een rigting gerangskik.



Hele gesinne is op een motorfiets op pad (kyk die straatverkoper op die agtergrond van die tweede foto):







En tussen al die gewoel in, oral langs die strate, bly mense. Op die foto hier onder is daar 'n hele gesin wat in haglike omstandighede langs die pad woon.





Op die foto hieronder sien 'n mens 'n reuse-pot en, al in die ry, 'n vuurtjie, op die driewielfiets, aan die brand onder die pot.




Die bus vol sakke op sy kop.



En hier 'n bol potte vir die hele Indië:



Jou wysbroue kan jy nou hoog optrek. Maar, by nadere denke, vertel die foto's van geswoeg om te verdien.  En van mense wat, brandarm, eenvoudig enige plek in die groot stad sal bly om naby 'n inkomste te wees, om aan die lewe te kan bly.

Hoe meer ek daaroor nadink, hoe meer besef ek: Indië en Afrika (dink Transkei-busse) deel veel. Wat by ons meestal verborge is, is by hulle vir almal om te sien.

Want, dikwels, onthou ek, as ek die vinniger roete hier op ons dorpie deur Plankenburg neem, sien ek dieselfde tonele. Opslaanhuisies, sommer langs die pad. Maar elke tweede een is 'n winkeltjie, of 'n garage of een of ander besigheid.

Dit gaan om mooi te kyk en nie te veel vinger te wys nie....






Friday, January 27, 2012

Die liefde is hartsake.





“Die Prinsie” (The Little Prince)  is ‘n merkwaardige boek wat deur die Franse skrywer en vlieënier, Antoine de Saint-Exupery geskryf is en wat een van die mees-gelese boeke van die twintigste eeu geword het.

Dit vertel die verhaal van ‘n seuntjie wat in die woestyn saam met ‘n vlieënier beland en vir hom leer om die sin van die lewe te ontdek.

Die seuntjie is die voorbeeld par excellence van iemand wat goed weet dat ‘n mens alleen die sin van die lewe ontdek as hy of sy al die harde skille van sy of haar skeefgetrekte waardes en vooroordele van sy of haar oë laat val en na die lewe so eenvoudig en oop soos ‘n kindjie kyk.

Die seuntjie onthul dus aan die leser van die boek waar ‘n mens in die lewe liefde ontdek.

Die liefde is nie te vind in al die plekke waar mense normaalweg graag daarna gaan soek nie.

Hy weet te goed: Die liefde is iets wat ‘n mens ook nie netjies kan analiseer en peil nie. Dit is ook nie iets wat net wag om raakgesien te word nie.

Liefde, leer die merkwaardige boekie sy lesers, is iets verborge, weggesteek en iets besonder intiems. Jy sal dit op die mees onverwagte plek moet gaan soek.

Neem maar ‘n praktiese voorbeeld uit die gewone lewe om hierdie les van die verborge liefde te kan verstaan: ‘n normale pa en ‘n doodgewone seun deel ‘n spesiale ouer-kind liefde vir mekaar. Niemand kan daardie liefde tussen die twee verklaar nie. Daar is immers baie pa’s met seuns en seuns met pa’s in die wêreld, maar hierdie spesifieke pa en hierdie spesifieke seun is lief net vir mekaar. Hulle het nie ‘n saak met ander pa’s of seuns nie. En so gaan dit gewoonlik met die liefde: daar is baie moontlike mense om lief te hê, maar egte liefde vind ‘n mens op ‘n vreemde manier in ‘n spesifieke verhouding tussen twee mense. En dikwels weet hulle nie eers waarom hulle mekaar lief het nie. Die boekie wil dit verduidelik:

Die pa en seun gee om vir mekaar omdat hulle vir baie jare hulle lewe met mekaar gedeel het. Hulle het soms woorde gehad. Partykeer het hulle met mekaar baklei. Ander kere het hulle mekaar vermy. Saam is hulle deur tye van swaarkry en saam het hulle oor en aan baie dinge gesukkel. Hulle het, soos die spreukwoord lui, ‘n reuse sak sout saam opgeëet. Omdat hulle so baie dinge vir mekaar gegee het en soveel tyd saam bestee het, het daar deur die jare ‘n verborge, spesiale en intieme verhouding tussen hulle gegroei. Soos aan niemand anders nie, het hulle aan mekaar gewoond geraak, mekaar se foute verdra en selfs begin lief kry, mekaar versorg, mekaar ondersteun en trou by en aan mekaar gebly.

Hulle gedeelde, saam beleefde lewe het die verhouding tussen hulle spesiaal en liefderyk gemaak.

Hulle liefde vir mekaar het dus oor die jare heen baie gevolge gehad. Hulle het hierdie gevolge op baie vlakke en in vele opsigte gedra en dit het hulle aan mekaar laat vasgroei soos aan min ander mense.

Niemand kan dit verklaar nie: hoe kan twee mense wat soveel saam deurgemaak het so na aanmekaar groei en leef? Twee doodgewone mense, ‘n pa soos baie pa’s en ‘n seun soos baie seuns, het mekaar lief en vir hulle bestaan daar daarom net een pa onder al die pa’s en net een seun onder al die seuns.

Dit alles word dus heel eenvoudig en heel duidelik in die Prinsie van Saint-Exupery verduidelik.

Die boek is ‘n verhaal oor ‘n prinsie wat op die planeet waarvandaan hy gekom het, ‘n roos gehad het. Hy het op die aarde beland waar hy op sy reise onder andere by ‘n bos rose beland. Hy bekyk die rose. Hy dink die rose is mooi, maar tog, vertel hy, is hulle “leeg”. Hulle doen nie aan hom wat sy eie roos aan hom doen nie.

Die prinsie praat mooi met die rose: “Iemand wat hier verby loop sal dink julle is mooi en lyk net soos my roos op my planeet. Maar julle doen niks aan my nie. Julle kom nie naasteby so naby aan my soos my eie roos nie. Sy behoort aan my. Sy is vir my baie meer werd as al julle baie rose. Ek het haar versorg, water op haar worteltjies gegooi, vir haar in die skaduwee gesit as dit te warm geword het, die wurms wat haar wou vervreet doodgemaak. Ek het na haar geluister – die kere toe sy gekla het, of die kere dat sy gespog het, en selfs die kere dat sy niks gesê het nie. Sy was my roos, myne.”

Nadat die prinsie op die manier met die rose gepraat het, raak hy ook aan die gesels met die jakkals ‘n ander karakter in hierdie hoogs simboliese “kinderboekie”. Die prinsie maak dan een van die mees beroemde uitsprake in hierdie boek – ‘n uitspraak wat vandag baie aangehaal word:

“’n Mens kan net met die hart goed sien. Dit wat regtig saak maak, is onsigbaar vir die oog.”

En dan kom daar sy verdere opmerking, vir my amper nog mooier as die vorige een: “Dit is die tyd wat jy aan jou roos spandeer het wat jou roos o spesiaal maak.” Hy het soveel belê in sy eie roos dat die roos vir hom kosbaarder as enige ander roos geword het.  

En dan, in ‘n derde sin, word die verhaal nog dieper geskryf en die aard van die liefde nog duideliker gemaak as die prinsie byvoeg: “As ‘n mens vir iets omgee, vir iets sorg, al jou tyd aan iemand spandeer, word jy daarvoor verantwoordelik.”

Drie dinge dan:

1.    Liefde kan nie met die blote oog gesien of verklaar word nie. Dit is iets wat verborge wag om raakgesien te word. Dit kom na hulle wat dieper kyk, wat met die hart verstaan. Liefde is hartsake. Jy kan dit nie altyd kop nie. Daarom is die liefde nie oppervlakkig nie.
2.    Liefde gaan om wat jy gee, om hoe jy jouself aan die ander een toevertrou en uitverkoop. En hoe meer jy omgee, hoe dieper wortel die liefde en hoe ryker vul dit jou lewe. Hoe groter die liefde, hoe groter die offer wat jy daarvoor gemaak het. Wanneer jy die liefde ontdek het, steek dit ‘n vlam in jou aan wat jou verteer en jou hele wese in beslag neem – om die liefde verder te laat ontvlam en te laat groei.
3.   Liefde is nie ‘n romantiese ding wat jou oorval nie. Liefde het te doen met die verantwoordelikheid waarmee jy jou aan die ander gee. ‘n Mens sit nie en wag dat iemand jou lief het nie. Jy het lief en in die liefde is die vreugde te vind.

Thursday, January 26, 2012

Dankbaarheid en God se nabyheid





Gelowiges verlang vanuit die dieptes van hul innerlike om naby aan God te wees.  Mense het ‘n behoefte na intimiteit, om volledig een met God te kan wees. 

Dit is ‘n spesiale ideaal waarna ‘n mens verlang. 

Maar die behoefte na eenwording met God begin by ‘n heel eenvoudige punt. 

Dit begin byvoorbeeld deur die dankbare manier waarop ‘n mens die lewe bekyk. 

Soms kan die dankbaarheid oor heel normale, gewone en alledaagse dinge gaan:  Ek bly byvoorbeel geboeid deur die manier waarop Paulus in Handelinge 24:3 vir Felix vertel hoedat mense gevul is met “diepe dankbaarheid” oor die manier waarop hy geregeer het – oor die rus en vrede in sy tyd en oor die verbeteringe wat vir die volk onder hom gekom het. 

Dankbaarheid oor sulke eenvoudige dinge kan 'n mens se lewe omkeer.

‘n Mens hoef nie veel te besit of te presteer om die gevoel te kry dat ‘n mens se lewe geseënd is nie. 

Die insig het weer op sy beurt sekere gevolge: Iemand wat weet hoeveel seëninge kom onverdiend na sy of haar kant, is ‘n dankbare mens. 

Dit is dan uit dankbaarheid dat ‘n mens se hart uitreik na God. ‘n Dankbare mens, ongeag sy of haar omstandighede, is iemand wat reageer op God se liefde. 

Dankbaarheid is nie ‘n goedkoop gevoel nie: ‘n Mens kan te midde van seerkry en swaarkry tog nog dankbaar bly. Selfs – of juis in teenspoed kan mens nog dankbaar wees vir God se liefdevolle teenwoordigheid. 

‘n Dankbare mens soek daarom met verlange na eenwording met God. Daar is die behoefte by ‘n dankbare mens om te reageer op al die seëninge wat God oor ‘n mens se pad laat kom en wat ‘n mens se lewe vul. Die dankbare mense soek God op en woon in God se liefde. 

Terwyl ek my leeswerk hieroor doen, tref dit my dat ons desperaatheid oor ons onvervulde lewens, ironies genoeg, groei uit ons onvermoë om dankbaar te wees. 

Deur dankbaar te wees, gebeur daar iets verborge met die mens: in dankbaarheid teenoor God vir alle seëninge wat die mens ervaar, gee die mens te kenne dat hy of sy nie die middelpunt van sy of haar bestaan is nie. Dankbaarheid beteken om vry van jouself te wees. Dit beteken dat ‘n mens sy of haar bestemming alleen in God raaksien. En daarmee begin die proses van eenwording: want wat die mens in dankbaarheid beleef, soek hy of sy om in sy of haar lewe al hoe meer te soek. 

Wie dus naby aan God wil wees, geborge in die intimiteit van God se teenwoordigheid, moet begin om met ‘n dankbare hart te leef.

Wednesday, January 25, 2012

Spiritualiteit en humor.

Ek lees onderstaande artikel oor humor in 'n Joodse spiritualiteitskonteks (www.spirituaityandpractice.com) en bedink dat dit die moeite werd sou wees om dieselfde tema in Christelike Spiritualiteit aan te roer. Spiritualiteit moet immers deurtrek wees met vreugde en humor is 'n spesiale bron daarvoor.

Hier is die artikel:


An Excerpt from Jewish Tales of Mystic Joyby Yitzhak Buxbaum
In this interesting collection of Hasidic stories, Yitzhak Buxbaum reveals the connection between mystical experiences of God and joy. Here is an excerpt on the spiritual practice of joy.

"Because religion is the most serious aspect of life, there is always a danger of it becoming too serious, of it becoming heavy and severe. It needs to be lightened with the joy of holy humor.

"In Judaism, religion and humor are not antithetical. A rabbi is even required to have a sense of humor, since the Talmud says that before a session of Torah study, a good teacher tells a joke to expand his pupils' minds. A Talmudic story tells about Elijah the Prophet appearing in a vision to a mystic named Rabbi Beroka and, in a conversation with him, praising holy badhanim — comedians with a spiritual vocation to cheer up sad people — and saying that they would certainly have a share in the World to Come.

"In recent centuries in Eastern Europe, more ordinary badhanimspecialized in merrymaking at traditional Jewish celebrations, particularly weddings. A badhanwould stand on a table at the feast and tell rhymed jokes — interweaving Torah or Talmud verses — making fun of prominent guests.

"But in the period before the advent of the Baal Shem Tov, the Jewish people, suffering from terrible persecutions, were plunged into a profound sadness and were in danger of losing their collective sense of humor. The Baal Shem Tov taught them to laugh and smile again. He taught that there can be no true worship without joy, and his Hasidic movement revived not only religious singing and dancing, but also Jewish humor and laughter.

"The Besht himself had an active sense of humor. It is said that he once made a humorous remark that brought smiles to the faces of the angels in the highest heaven. More than a few tales portray him as laughing broadly, sometimes without obvious cause. Humor had a natural place in his mysticism too, since jokes and laughter expand consciousness, the mystic goal. He once explained that a holy comedian or jester, like those mentioned in the Talmud, can, by befriending and cheering up a downcast person through jokes and humor, elevate him spiritually. Through humor and laughter for the sake of heaven, he said, you can elevate even your own childishness and raise it to spiritual heights.

"The Besht elevated others through humor and elevated his own childishness too. He also knew when to laugh at the world. He once said, 'Who is a holy jester? Someone who, when everyone is laughing at his piety, laughs at them, unconcerned at their mockery.'

"Rabbi Dov Ber of Mezritch, the Besht's great disciple, took the Talmud's recommendation of a joke before Torah study and applied it to prayer, so as to pray with a joyful expanded consciousness. Once, before daily prayers, he organized a practical joke on one of his Hasidim, and after everyone was convulsed in laughter, he called out, 'Now let's pray!'

"The best humor is elevated and spiritual, but even lowly, foolish humor may be used to ward off sadness and depression. Rebbe Mendel of Yaroslav taught, 'It is so important to avoid any sadness, even about your sins, that you should make yourself happy even by telling and listening to ordinary foolish jokes.'

"According to the Kabbalah, all forms of pleasure derive from the bliss that emanates from the radiance of the Shechinah that shines through all the worlds. But that pleasure can be experienced on higher or lower planes. Rebbe Pinhas of Koretz, a great disciple of the Baal Shem Tov, once said that even the pleasure and laughter from a good joke come from the divine bliss that emanates from the Shechinah.

"One of Hasidism's most appealing qualities is its sense of humor. Some Hasidic rebbes even had a badhan, a jester, of their own, as would a king at court, to lighten their burdens of office. A few of these badhanim, such as Rabbi Mordechai Rackover, the badhanof Rebbe Yaakov Yitzhak, the Seer of Lublin, became famous. The badhanimof great rebbes were not simple fools. They were usually rabbis themselves and spiritually advanced disciples of the rebbe. One of the Seer's greatest disciples, Raabi Naftali of Ropshitz, who was renowned for his wit and wisdom, in his earlier years before he became a rebbe himself, sometimes performed as a badhan at weddings. Rabbi Mordechai Rackover and the Ropshitzer pursed humor as a spiritual path, as a way to God. Both of them appear in the tales in this section."

Tuesday, January 24, 2012

Die motorfiets en die priester

Ek waag my lewe om hier in Bangalore by die groot winkelsentrum uit te kom waar ek die middag wil deurbring en sommer iets ligs wil eet.


Die verskriklike verkeer in die straat voor die sentrum vee hulle af aan voetgangers. Almal waarsku my dat 'n mens 'n tegniek moet volg om oor die straat te kom. Jy moet maar eerder by die plaaslike inwoners aansluit as om op jou eie oor die straat te kom.


Ek oorleef die oorgang oor die straat net-net, en dan die staptog, kuier in die sentrum, die enigste wat ek raakloop wat soos 'n gewone sentrum in alle groot wêreldstede lyk. By 'n MacDonalds eet ek 'n plein hoenderburger, tjips en 'n coke - my eerste nie-Indiese kos in 'n week se tyd. Al die dieet diepte-strukture van my gestel kom vir 'n halfuurtjie tot rus.


Maar dit is met die terugloopslag na die Universiteit in Bangalore se besigste straat dat ek op 'n fassinerende toneeltjie afkom.


Terwyl al wat 'n voertuig al donderende verby hulle jaag, staan 'n Hindoe-priestertjie by 'n gesin: pa en ma het kennelik so pas vir hulle seun 'n motorfiets gekoop. In die Indiese kultuur moet die ouers vir die kinders sorg tot hulle 'n eie gesin het. Hulle sorg vir hul kinders se opleiding, hul troue, hul huis en hul motors.


En, hoor ek later, as hulle vir 'n kind 'n ryding koop, seën die priester dit in. Dit is 'n gevestigde kultureel-religieuse gebruik. Hier, as gesin, is hul met hul materiële besittings godsdienstig besig. Sommer daar net langs die straat terwyl ek soms my hart vashou dat 'n voertuig die fiets platry sonder dat die priester sy seëninge klaar kan maak.


Die priester het 'n klein silwer skinkbordjie met twee geel en rooi verfpotjies daarop. Hy druk sy vinger in die potjies, oor en oor, en dan druk hy dit op die fiets se voorkant en neus. Dit is 'n hele ritueel, oor en oor, van versiering, viering, gebed en toewyding.


Die heel tyd spreek hy onophoudelik 'n mantra uit as deel van, sê my kollegas, 'n baie algemene ritueel. Die ritueel duur lank, seker hier by die twintig minute, terwyl ek my verstaar daaraan.


Die priester gooi op 'n stadium 'n kokosneut op die straat stukkend en hang 'n krans van jasmyn-blomme oor die fiets se stuurwiel. Hy steek 'n wierook stokkie aan en brand dit by die fiets.


Die hele Bangalore kreun en steun en jaag intussen teen verskriklike spoed deur die straat.


So tussen-in sit eers die pa en die ma, duidelik baie dankbaar, 'n rolletjie note op die skinkbordjie. Later voeg die jong eienaar van die motorfiets 'n nog dikker rol by. Die priester neem dit met een deftige greep in besit.


Ek vergaap my aan die toneel. Toe die priester sy tempel, reg langs die seremonie, binnestap, vra ek hom of hy 'n priester is. Hy knik sy kop, maar enige verdere kommunikasie is ontmoontlik: hy sê flink vir my: Hindi, hindi. Soos baie Indiërs is sy Engels tot die minimum beperk.


Ek loop terug na my blyplek op die kampus, al peinsende oor die ervaring. Hoe kan 'n mens ooit so iets peil? Hierdie gesin se godsdienstigheid: die pa en ma en suster saam met hul seun en broer rondom sy splinternuwe ryding. Hulle is verlore in die seremonie waarin hulle goddelike beskerming en seëning op hul seun se lewe en fiets vra. 

Dit is duidelik vir hulle meer as 'n formaliteit - terwyl, lyk dit vir my, die priester die hele seremonie as een van vele beleef. Hy praat die mantra's en hy doen alles reg en goed, maar dit is die gesin se houding, hul inleef in die gebeurtenis wat my bybly.


Hoe sal 'n mens dit peil: hier in die groot stad Bangalore, tussen die rasende verkeer, is 'n gesin met 'n splinternuwe motorfiets bymekaar om die materiële met die religieuse te verbind.


Dit knaag so bietjie aan my - hierdie wete dat ons in al ons voorspoed en die baie rykdomme wat ons vergaar, binne ons Protestants-Christelike konteks maar min sulke gebeurtenisse kan wys. Ons koop en geniet, onbewus van die Een wat alles aan ons gee en teenoor wie ons veel dank verskuldig is.  Dit is nie altyd dat ons nie wil nie. En so 'n ritueel is vir ons onbekend. Maar hoe sou 'n mens binne 'n Christelike konteks 'n jong man wat trots sy nuwe ryding kry en 'n gesin wat saam met hom bly is, kon help om dankbaar te vier dat wat hy kry, spesiaal is en van die goeie Gewer kom? Op watter soortgelyke manier sou ons die verterende materialisme van ons tyd bietjie kon stuit en uitdaag?


Iets om oor te peins.....


Hier is 'n paar foto's:


Tuk-tuks staan ingeryg in die straat langs die tempel, reg om hul bydrae tot die enorme verkeersdrukte te lewer: 
 



Die Hindoe-priester is besig om die voorkant van die fiets met geel en rooi verf te bedruk:



Hy praat onophoudelik 'n mantra. Op die grond staan sy skinkbordjie. Om die groepie jaag tuks-tuks, motorfietse, motors en vragmotors sonder om eers die seremonie te bekyk:





Langs die groepie is die ryk versierde Hindoe-tempel, regs langs 'n opslaanhuis.  Op die grond staan die skinkbord met 'n kokosneut wat die priester oomblikke later op die grond stukkend slaan sodat ie sap uitstroom.



Hier is die binnekant van die Hindoe-tempel. reg langs die straat waar die groepie staan:


 Aan weerskante van die straat jaag busse verby. Die familie staan mooi opgelyn.


 Die priester brand 'n vlam op sy skinkbord en die fiets is in 'n krans getooi. Die pa haal die rol note uit sy hempsak.

Monday, January 23, 2012

Ontferming

Ons word op die voorlaaste aand van ons verblyf by die Universiteit uitgenooi na die finale jaar teologiese studente se afskeidsfunksie. Na 14 jaar (!) se studie, net voordat hulle op die ouderdom van gemiddeld 30 jaar in die bediening uitgeplaas word, neem hulle afskeid van hulle dosente en mekaar.

Ek kan dink dat dit 'n aand van nostalgie is. 

Ons woon net die laaste deel by, want die aand word in hul moedertaal gehou en daar is lang toesprake. Hulle lewer ook items, onder andere 'n dans met al die handgebare so reg uit 'n Bollywood film. Hulle geniet dit duidelik baie.

Dit is 'n afskeid soos alle ander afskeide. Voor my flits sulke geleenthede uit die verlede helder verby. Ek herken die jeugdige idealisme, die verwagtings vir wat wag, maar ek sien ook die heimwee raak.


Maar iets anders bly my na die tyd by. 

Teen die einde van die aand, toe ons al daar is en na die dans verby is, staan drie studente op en kom haal 'n baie ou 89-jarige man wat voor ons in die ry sit en neem hom na die verhoog. 

Liefderik ondersteun hulle hom. Hy beweeg swaar. Dit lyk asof hy nie goed kan sien nie. 


Hulle sit 'n papier voor hom neer en dan sing hulle saam met hom die lied op die papier. Een van hulle hou sy vinger op die lied om hom te help sien. Hy sing helder en flink saam, maar verloor plek-plek sy plek. Dan is die vinger daar om hom weer te help.


Na die lied wil hy 'n toespraak hou. Hy raak duidelik aangedaan terwyl hy praat. 

Een van hulle vat hom dan weer liefderik aan die mou en saam lei hulle hom na sy sitplek.


Na die tyd gaan 'n klomp van die studente om hom sit en praat laggend, vriendelik, duidelik met groot ontferming met hom. Ek verkyk my aan die toneel. Dit is asof die studente 'n baie afgeleefde eie vader versorg. 


My gasheer verduidelik dat hy 'n lid van hulle gemeenskap is, 'n mede-broeder en dat hy al die jare onder andere die pos versorg het. In sy toespraak het hy die studente bedank dat hulle so goed vir hom was. Sonder hulle het hy vertel, sou hy nie kon wees waar hy die aand was nie. En dit is toe dat sy gemoed so volgeskiet het.


Watter skoonheid is daar in ontferming. Des te meer as dit kom van die hulle wat jonk is....


Flink dans 'n deel van die klomp wat die dans opgevoer het:






Hier sit hulle met die mede-broeder in die middel agter. Die glimlaggende gesigte en die hand-om-die-skouers vertel die hele storie.





Sunday, January 22, 2012

Die Wyse Jesus

Ons gashere by die Universiteit in Bangalore verduidelik vir ons dat ons die Indiese kultuur nie kan begryp as ons nie sensitief is vir die hoogs simboliese aard daarvan nie.

Ek dink skielik aan die Bollywood films waarin die dansers, mans en vroue, kort-kort op die onmoontlikste tye skielik verspot begin ronddans met allerhande gebuigde palms en hande en kniee.

Wat vir my laf gelyk het, hoor ek nou, is in werklikheid hoogs gesofistikeerde taal. Daar word deur dans, sonder woorde, heel kompleks met die gehoor "gesels". As jy die tekens verstaan, kry die danse laag op laag van betekenis.

Toe neem hulle ons op ons toer deur die kampus, veral trots op hulle "guru Christus". Hier gebruik hulle die ou, ou tradisie van die lewenswyse guru wat sy aanhangers in die waarheid inlei, om Jesus uit te beeld. In Hom vind ons die egte guru, gee hulle te kenne.

Ek kyk verwonder. Nuwe lande, nuwe dinge en nuwe maniere na jou eie geloofsgoed.

Hier is foto's:

Op die voorkant van die kapel, is hierdie reuse uitbeeding van die Guru Jesus. Die mistieke gesig is duidelik.



Kyk na die hande van die Guru Jesus: hy gebruik die simboliese handgebaar wat die kyker vra om nie te vrees nie. 



Hierdie Guru Jesus het as 'n stralekrans, 'n baie ou Indiese simbool. 


Kyk weer na die handgebaar van vrede. 



Die wysheid het na haar kinders gekom, skryf Matteus oor Jesus, en hulle het hom verwerp. Gelukkig nie almal nie.....




Saturday, January 21, 2012

Die glimlaggende Christus

Ons kuier vir aandete by die familie van ons gasheer hier in Bangalore.


Hy, sy vrou en die twee dogters gaan uit hulle pad om vir ons die Indiese ervaring te gee. Hul gasvryheid is ruim en gul.


In hul huis het hulle 'n heiligdom. Dit is in hulle eetkamer, toegemaak met deure. Dit is 'n Indiese gebruik, maar hulle het die totaal verchristelik.

Trots wys hulle die heiligdom vir ons - maar praat veral oor "hulle" glimlaggende Christus.

By die universiteit sien ek 'n plakaat: "Jy is wat jy aanhoudend doen." Sedert my kuier vir die aandete by hulle, bly die woorde by my. Want in hulle heiligdom het hierdie gesin 'n uitbeelding van Jesus met 'n groot, gul, warm en hartlike glimlag.


As 'n mens heel dag saamleef met so 'n Jesus in jou huis se heiligdom, kan dit nie anders nie: jy word ook 'n vriendelike, glimlaggende, gulhartige mens. 


Hier is die foto's:









Friday, January 20, 2012

Oor 'n verborge manier van self-gawe by 'n merkwaardige instelling


Net 2% van Indiërs is katolieke. Hulle word, vertel my kollega’s, darem nie bedreig nie, veral nie deur die Hindoes nie. Hinduïsme is ‘n vreedsame godsdiens en gee ruimte aan Christene solank as wat dit nie bedreigend is nie. 

Maar, vertel hulle daarby, daar is ‘n besondere sensititwiteit tussen godsdienste, veral om nie die indruk te skep dat hulle ander gelowe op ‘n onbillike manier proseleteer nie.

In die suide van die land verander die prentjie. Daar is Katolieke in ‘n sterker posisie In Kerala is 20 persent Katoliek. Hulle invloed in die samelewing is beter, hulle fasisliteite ook omdat hul lidmate uit die hoër inkomste-groep kom. Hulle skole, byvoorbeeld, is uitstekend.

Die katolieke tradisie in Kerala is baie oud. Hulle voer hulle geskiedenis terug op die apostel Thomas. Hoewel daar geen dokumentasie is dat die apostel wel in Indië was en hier vermoor is nie, het hy ‘n simbool geword vir die Siro-Malabar Katolieke rite. 

Hulle is trots en voel sterk oor hul identiteit. (Ander rite’s in die kerk is byvoorbeeld die Armeniese, Koptiese, Latynse rite’s). Amptelik is hulle deel van Rome en word die Latynse kerklike kultuur op hulle afgedwing, maar in hul harte is hul ‘n onafhanklike kerklike tradisie met sterk Oosterse wortels. Dit neem ‘n mens nie lank om agter te kom dat hulle slegs onder protes deel is van die Rooms-Katolieke Kerk met sy Latynse hiërargiese struktuur.

Die plaaslike kollega’s hier in Bangalore beklemtoon dat hulle nie tot die Latynse Katolisisme behoort nie. Hulle is deel van die Siriese rite. 

Die verhouding met die pous en met die Latynse Katolisisme is maar strammerig, kom ek agter. Daar is baie rede’s daarvoor. Een daarvan is histories: Europese sendelinge het vanaf die sestiende eeu na Indië gekom (bv Franciskus van Xavier) en vir die plaaslike Katolieke vertel hoe hulle eintlik regtig Katoliek behoort te wees, vertel ‘n kollega van my heel lakoniek. Maar in hul harte is hul veel eerder tuis in ‘n nie-Westerse, nie-Latynse idioom van aanbidding.

Vanuit hierdie Siro-Malabar tradisie het Christ University in Bangalore ontstaan. Dit is hier waar ons ontvang word en waar ons met ons kollega’s gesprekke voer oor ons gemeenskaplike werk aan spiritualiteit (sien die foto's op gister se blog).

Ek dink meer as een keer aan die ironie en die uniekheid: Hier is ‘n “Christ University” in ‘n land waar net 2% van die bevolking Katoliek is!

Die universiteit het ‘n indruwekkende kampus. Pragtige geboue, almal splinternuut en ‘n paar in aanbou, met indrukwekkende kunswerke versier. ‘n Mens voel die diepte van die onderliggende lewensingesteldheid onmiddellik aan. Hier is geboue wat eeu-oue insigte, simbole, gewoontes, lewenswyses en houdinge uitdruk. 


 (Hierdie reuse-kandelaar staan op die verhooog van die ouditorium van die Universiteit. Dit is behang met 'n lourier van jasmyn-blomme. Die ligte van die kandelaar is vanoggend voor die openbare lesing deur verskeie van die deelnemers in 'n simboliese ritueel aangesteek).


Die status van die universiteit blyk uit een voorbeeld: hulle het ‘n pre-universiteit opleiding vir 2 600 studente. Maar 10 000 doen aansoek. Een uit elke vier studente word dus weggewys. 

Tog is dit nie ‘n statusbewussyn wat hulle mee spog nie. ‘n Uitdruklike benadering is om kinders uit agtergeblewe gemeenskappe geleentheid te gee op studie – iets wat hulle normaalweg nie sou gehad het nie. 

Die hoof  van een van die afdelings van die Universiteit vertel vir my dat hulle as een van die tien beste universiteite in die land gereken word.

Ons sit in ‘n wye kring en praat oor ons gemeenskaplike werk aan spiritualiteit. Die gesprek vind plaas in ‘n lokaal van die mooi, nuwe biblioteek. Die rektor, een van die mees senior lede van die broeders, en feitlik alle leiers van fakulteite, departemente en institute is daar. Ek luister met verwondering na hulle bydraes tot die gesprek. Een na die ander kry ons ‘n beurt om iets te deel oor waarmee ons besig is. 

Die gesprek loop uitstekend en dit is duidelik dat daar uit hierdie geledere belangrike nuwe kapasiteit gebied word vir ons werk aan spiritualiteit. Ek is baie dankbaar vir die konkrete resultate. Dit is duidelik dat ons kontak gaan opbou met ‘n groep wat nie net ‘n lang tradisie van ‘n unieke, oosterse, Christelike spiritualiteit ken nie, maar dat ons kontak maak met kollega’s van besondere akademiese bekwaamheid.

Maar daar is twee dinge wat my bybly:

Die een is dat hierdie mense in hul lewensstyl geïntegreerd is. Daar is ‘n afgerondheid, rustigheid en innerlike kompleetheid aan hul geloof. Ek kan dink dat daar die normale porsie van kompetisie, onenigheid en mislukkings is. Dit sou net maar moontlik wees. Daar is nietemin iets aan die Indiese leefwyse wat my boei. Die mense in die lokaal is daar vir die werk waarmee hulle besig is. Hulle is nie die base van die plaas nie. Daar is, eerder, ‘n plaas wat bewerk moet word en iedereen kry sy deeltjie uitgesit waaraan hy of sy moet werk. Hulle is ook slim mense. Hier word teologiese studente eers na 15 jaar studie – ja, vyftien – tot die bediening toegelaat. Hulle moet twee grade kry (o.a. in filosofie) voordat hulle teologie kan studeer en voordat hulle dan op die ouderdom van ongeveer 30 deur die kerk na ‘n werkveld uitgestuur word. Onder die deelnemers aan ons gesprek is daar mense wat aan die voorste instellings in die wêreld navorsing gedoen het. 

Ons sou kon baat by hul kundigheid, besef ek. As Christene wat in hul konteks diep nagedink het oor hul eie baie ou tradisies, het hulle op 'n spesiale manier aan hul Christelike identiteit aandag gegee. Ek bedink die kundigheid van hierdie mense en vra myself af: hoe het dit gebeur dat ons in Afrika en in ons eie tradisie so eurosentries geraak het, en dit terwyl tradisies wat tot op die vroegste tye van die Christendom terug gaan, nie eers ons aandag getrek het nie.

 Die ander ding wat my opval is hoe die geestelikes leiers verantwoordelikheid vir die akademiese werk op hulle neem. Die professore is almal priesters. Hulle het 'n roeping om uit te leef. 

Tussen hulle is daar geen hiërargie nie: hulle kies die rektor en ander hoë ampte uit hul eie geledere en elkeen kry die kans om twee termyne te dien. Meer nog – en dit is die ongelooflikste kant van my onmoeting met die groep – die rektor en al die professore bly in klein kamertjies in hul gemeenskap se huise op die kampus. Nie een het ‘n amptelike woning met ‘n blink kar en allerhande afwyserighede nie. Die rektor nooi ons vir ete in sy “huis” vandag: en daar sit ons, die eregaste, aan by ‘n eenvoudige tafel in die studente se eetlokaal. Ons eet die kos van die studente. En dit is ‘n man met twee doktorsgrade – een daarvan in Oxford.   

Veel gesê, dink ek, van mense wat dikwels praat van hul “roeping” en, lyk dit vir my, hulle verstaan goed dat dit ‘n roeping tot diens is. En dit besef ek, is waarom ek met verwondering na hulle kyk. Egte grootheid, word vir my geïllustreer, is nie in die uiterlike dinge te vinde nie. Dit word aangetref in die gee van jouself in diens van ‘n groter roeping wat van Buite jou kom. Egte spiritualiteit, al is daar sekerlik ook maar dorings aan die rose.

Blog Archive