Wie sou kon dink dat Christene vinniger is om te skei as ongelowiges?
Jy sou dink dit moet veel minder gebeur onder mense wat die huwelik as 'n Godgegewe instelling beskou.
Maar twee onlangs opname's bevestig dat ongelowige mense minder skei.
In vandag se Trouw is daar hieroor 'n interessante berig. Dit meld onder andere dat die konserwatiewe "Bible belt" in Amerika die hoogste egskeidingsyfer in die land het.
Dit is ook my persoonlike ondervinding: dit is lank nie meer 'n "skande" vir kerkmense om te skei nie. Soms is mense te jonk. Ander kere is hulle heeltemal uit voeling met die werklikheid. Soms is dit 'n gedwonge huwelik. Veral onderskat vele mense wat trou die geweldige uitdaginge wat 'n intieme verhouding tussen twee mense onder een dak bied.
Die afgelope jare het ek hieroor tragiese dinge raakgesien: mense skei maklik. En onder hulle is vele ordentlike, goeie en gelowige persone. Hulle trou ook maklik weer. Dit gebeur nie altyd dat hulle tweede huwelikke gelukkiger is nie. Wat my opval is dat 'n mens feitlik magteloos is om vir 'n jong paartjie wat wil trou, aan die verstand te bring dat 'n huwelik ook sy skerp kante het. Wat daardie kante nog skerper maak is dat 'n mens elke dag vir 24 uur daaraan blootgestel is. En dit is ook duidelik dat mense selde hulleself ontwikkel om gesonde verhoudinge te bou - veral deur somtyds op te offer, die ander een hoog te ag en vele kere die minste te wees.
Mense dink dikwels te romanties en sentimenteel oor die huwelik. Of hulle aanvaar miskien te naïewelik dat hul geloof sal maak dat dit goed gaan in hulle huwelik.
Vanuit 'n spiritualiteitshoek sal 'n mens eerder en veral realisties daaroor dink. Dit gebeur met die volle wete dat 'n mens 'n huwelik aanknoop met die wete dat verhoudinge feilbaar is. 'n Huwelik is in vele opsigte soos 'n mens se verhouding met God. Daar is in 'n mens se verhouding met God die kere dat 'n mens faal, foute maak, afdwaal. 'n Mens se verhouding met God word aangetas en vra daarom steeds weer om heiligmaking. Net so word 'n mens se verhouding met ander - veral ook jou naaste en jou geliefdes - deur teleurstellings en gebreke gekenmerk. En 'n mens moet geestelike sterk wees om deur die drif van ontnugtering, skok en teleurstellings te kan werk. Of om sterk genoeg te wees om eie foute, mislukkings en verraad te herken, om te kan vergewe en om nuut te kan dink. Dit is 'n houding wat 'n mens voor die huwelik moet aankweek.
Ateïste, skryf Trouw, trou nie so maklik nie. Maar wanneer hulle wel trou, is hulle keuse vir hulle belangrik en wil hulle ook 'n sukses van hulle huwelik maak. Daarmee word 'n belangrike punt aangeraak: 'n huwelik hang sterk daarvan af of mense ten alle koste soek om daarvan 'n sukses te maak.
Baie stof, origens, om oor na te dink: die huwelik kom as 'n gawe van God. Dit is seker. Mense werk egter nie altyd so verstandig en liefdevol met God se gawes nie. Veral die laaste aspek verdien meer aandag.
Hier is die paragraaf in Trouw se artikel waarin die rede's hiervoor gegee word. Vir my was dit boeiend dat vrouens wat finansieel te afhanklik raak van hul mans, makliker skei.
De realiteit is complex: hoewel echtscheiding volgens de kerk zondig is, is de kerkelijke leer juist onbedoeld ook de oorzaak van veel scheidingen. Soms worden huwelijken gesloten om een nog groter kwaad te voorkomen: abortus. Kerken stimuleren stellen om jong te trouwen en om de 'familieplanning aan God over te laten'. Vrouwen die op jonge leeftijd kinderen krijgen, hebben minder kans om zich te ontwikkelen en zijn later vaker financieel afhankelijk van hun partner, beiden factoren die in verband worden gebracht met hogere echtscheidingscijfers.
Het moderne gezin
Seculiere stellen zien het huwelijk en kinderen meer als bewuste persoonlijke keuzes. Een kleiner percentage van deze stellen kiest voor het huwelijk, maar als ze er voor kiezen dan zijn ze ook gecommitteerd om er wat van te maken. Ze zijn ouder als ze besluiten tot een huwelijk en krijgen doorgaans ook minder kinderen. De verantwoordelijkheden binnen een gezin lijken evenwichtiger verdeeld te zijn tussen de man en de vrouw, waardoor er minder financiële afhankelijkheid is.