Thursday, November 28, 2013

So cool

Ek moet by die ontvangsdame van die hotel my paspoort en waardevolle sake ingee vir veilige bewaring in die hotel se veiligheidskissies vir hul gaste.

Sy is vriendelik: haar eerste vraag aan my is waar ek vandaan kom.

Toe ek antwoord dat ek van Suid-Afrika kom, roep sy opgewonde uit: "South Africa, cool!"

Ek dink aan al die jare wat ons gereis het en steeds weer suur gesigte moes bekyk elke keer as jy jou land van herkoms bekend moes maak. Dit was nie goeie tye om 'n Suid-Afrikaner te wees nie.

In dieselfde tyd besluit die SSCS verlede week om vir die eerste keer hulle tweede jaar-byeenkoms in Suid-Afrika te hou. Trouens, dit is die eerste keer dat hulle buite Noord-Amerika vergader. 

Dit neem die vergadering vier minute om sonder teenstem die besluit te aanvaar.

Van alle kante oorval die bestuurslede my daarna met opgewondenheid. Hulle is duidelik hoog in hul skik om vir die byeenkoms Suid-Afrika toe te reis.

Hoe totaal kan dinge verander.

En ook : hoeveel van my landgenote sou "cool" oor hul land voel?

Dit is ons wêreld.

 

 

Blog Archive