Sunday, November 24, 2013

In 30 jaar het sy nooit uit haar huis gekom nie...

In Engeland is daar groot opspraak oor 3 vroue wat 30 jaar lank in 'n huis gevange gehou is deur 'n groep mense wat hulle gebreinspoel het. Een van die vroue was nog nooit in haar 30 jaar uit die huis nie.

Dit het die vraag opgeroep na moderne vorme van slawerny.

Die syfers oor moderne slawerny is verstommend. In 'n artikel in vanoggend se Trouw is daar die volgende inligting oor moderne vorme van slawerny:

In die wêreld is daar 29 miljoen mense wat gevange gehou word deur gewetenlose werkgewers. 

'n Mens kan maklik die vinger wys: daar is inderdaad 'n klomp mense wat doelbewus deur geslepe mense as "slawe" aangehou word. 

Maar, wanneer 'n mens die saak van nader bekyk, is dit nie heeltemal so 'n afstandelike saak nie - asof net geslepe mense dit doen.

Onbewustelik gebeur dit dat miljoene mense so vasgevang is in 'n situasie dat hulle met al die wil van die wêreld nie daaruit kan ontkom nie. Soms besef hulle self nie eers dat hulle in 'n tronk-situasie vasgevang is nie.

Dink maar, as een voorbeeld, aan mishandelde vroue en mans. Hulle is uitgelewer aan hul huweliksmaats wat hulle op allerhande maniere verniel, maar hulle het gewoon nie die moed of die alternatiewe om uit die verhouding weg te kom nie. 

Vir my was die interessante uit die gebeurtenis in London dat die drie vroue bevry kon word nadat een van hulle op die televisie 'n program gesien het oor 'n organisasie wat mense breinspoel en aanhou. Die vrou het die polisie gebel en oor 'n tydperk van 14 dae is hul ontsnapping gereël.

Wat beteken dat gesprekke oor slawerny besonder waardevol kan raak. Die kerk het des te meer 'n rol om te vertel van mishandeling en uitbuiting. Of selfs 'n ondersteuningsgroep vir sulke mense - vrouens en mans - te bedink. Dit kan lewens red en aan mense hul waardigheid teruggee waarop hulle as kinders van God aanspraak het. 

Ek dink vandag nog terug aan een van die mees tragiese voorbeelde hiervan wat ek beleef het: 'n persoon wie se lewensmaat stadigaan in 'n monster verander het wat die persoon gedwing het om in die werk oneerlik te wees sodat hulle sekere dinge kon bekostig en wat vir jare lank so aanhou. Die problematiese met so 'n situasie is dat die persoon self nie besef hoe om daaruit te kom nie of niemand het om perspektief te kry nie. 

Hier is die syfers uit vandag se Trouw.

De Australische Walk Free Foundation heeft dit jaar voor het eerst een Wereldslaven-index gemaakt die in oktober uitkwam. Daarin staat dat er wereldwijd 29 miljoen mensen leven in omstandigheden die vergelijkbaar zijn met slavernij. Het gaat dan om dwangarbeiders, huispersoneel en prostituees. Mauritanië is het land met de meeste slaven en het emiraat Qatar kwam onlangs in opspraak omdat het de de stadions voor de Olympische Spelen via een vorm van slavenarbeid bouwt. Maar ook in westerse landen neemt moderne slavernij toe.  

Het probleem is groter dan ooit
Zo staat Nederland in deze Wereldslaven-index op de 139e plek van de 162 onderzochte landen. Duitsland op de 136e plaats heeft volgens de index zo'n 10.000 mensen die in het land als slaven leven. Groot-Brittannië staat op een hele lage, namelijk 160e plaats. Toch leven er in dit land nog rond de 4500 slaven, aldus de index. Nederland zit daar in aantal dus tussenin.

Volgens hulporganisaties is het probleem van de internationale slavenhandel groter dan ooit. Slavenarbeid is zelfs twee tot drie keer zo groot als het tijdstip waarop de slavenhandel werd afgeschaft

Blog Archive