Saturday, November 23, 2013

Lig, natuurlik, in die stadsrumoer.

In die binnestad van Baltimore, digby die Konferensie-sentrum waar die konferensie plaasvind, neem ek hierdie foto's.

Herfstyd in die V.S.A is beroemd juis vir die kleure.

Maar wie sou kon dink dit kan só skilderagtig wees?

Hierdie boom boei my oor sy ryk-goud kleur, maar veral ook oor sy takke - swierig, soos ballet-hande.




 En dan hierdie rooi, onvatbaar in woorde.




 Die donkerbruin agtergrond van die huis, laat die geel van die boom nog helderder en sagter uitstaan.




'n Mens hoef nie eers konferensie te hou nie. 

Genoeg om vol te maak en te laat oorloop. 

Blog Archive