Tuesday, July 24, 2012

Aan die gragte in rus...

Ek is op pad hotel toe nadat my referaat klaar gelewer is. Dit is 'n idilliese dag met 'n son wat die hele Amsterdam buite toe gelok het. Die Vondelpark is wit onder Hollandse lywe wat nog nie somer gesien het nie en die kans om te kan braai met oorgawe gebruik.


Vir die eerste keer in maande is daar geen volgende referaat wat nou geskryf moet word nie. 

Op pad hotel toe kom ek vir die eerste keer af op 'n naamplaat wat vertel dat dit die plek is waar die bekende Aan die Amsterdamse gragte... gekomponeer is. 



Ek gaan die volgende twee dae net bestaan, hier in ons tweede tuiste, die stad van die kase. Des te meer omdat ons vanuit ons hotelkamer 'n paradys-uitsig het. Teen vroegoggend (6h30) geneem, klop die vrede en rus met 'n na-referaatse ontspanning.


Die seeninge word dus getel, een vir een.

Add caption

Blog Archive