Monday, July 16, 2012

Lyding: die volkleur verhaal van die kruis


Hierdie boeiende skildery van Marc Chagall het die offerande van Isak as tema. 


Chagall het die vermoë om 'n mens deur sy gebruik van kleure te oorweldig.

Maar op die skildery val die lyding van Abraham 'n mens op: sy gesig is deurtrek met ontsetting oor die daad wat van hom gevra word. 

Twee engele, een wit en een blou, gryp in: God, dubbeld gesproke, bring die vernietiging van mense-lewens tot 'n einde. 

Agter die pastorale toneel van die lammetjie onder die boom, links op die skildery, skuil die beeld van 'n vrou wat terugdeins voor die toneel wat sy moet aanskou. 

Regs agter, is daar 'n toneel van 'n man wat 'n kruis dra, omring met mense wie se bestaan deur lyding bedreig word. 

Of is dit 'n Man met 'n kruis?

Wat is dan regtig in fokus in hierdie skildery?  


Blog Archive