Asaf deel in
Psalm 73 sy innerlike gevoelens oor die oënskynlike voorspoed van mense wat
geen ag op God slaan nie en sy eie gevoelens van verontregting en bitterheid
oor sy eie teenspoed.
So skryf hy:
Toe ek
verbitter was en veronreg gevoel het, 22 was ek dom en sonder insig; soos 'n
redelose dier het ek my teenoor U gedra. 23 Tog was ek nog altyd by U, want U
vat my aan die hand. 24 U lei my met u raad en aan die einde sal U my in ere by
U opneem. 25 Daar is niks in die hemel of op die aarde wat vir my meer beteken
as U nie. 26 Al is ek afgetakel na liggaam en gees, God is
my sterkte; aan Hom behoort ek vir altyd.
Hy ervaar afstand, verwydering en skeiding van God,
gebore uit sy gevoelens van frustrasie.
Maar dan kom daar die tydlose wending: “Tog was ek nog
altyd by U, want U vat my aan die hand” (vers 21);
God tree steeds weer anders op as die verbitterde mens.
Hierdie goddelike ontferming en liefde tel uiteindelik die meeste. En, dan
herhaal Asaf twee keer hoe belangrik en intieme sy verhouding met God is: Niks
is belangrikers as God vir hom nie. Aan God behoort hy vir altyd.
Tydloos.