Friday, July 06, 2012

Tyd om egte geluk te vind


Ons stap in ‘n koop-plek in en weet nie wat om te koop nie. Daar is ‘n enorme klomp moontlikhede waaruit ‘n mens kan kies.

‘n Mens sou dink dat mense hieroor opgewonde sou wees. Hulle kan nie genoeg kry aan al die opsies nie.

Dit gaan net so in ons gewone lewe. Ons lewe is ryk aan opsies en geleenthede. Daar is oorgenoeg dinge wat elke dag oor ons pad kom en aandag vra of ons besig hou.

'n Mens dink dikwels hoe gelukkig jy is om soveel "geleenthede" te hê. 

Dit is net: dit hou nooit op nie. 

Elke keer maak ‘n mens keuses. Elke keer weer is daar nuwe behoeftes. Elke keer wil ons weer iets anders doen of iets anders hê. 

Wat een oomblik belangrik is, is die volgende oomblik waardeloos of vergete.

Aldus snel ons op ons lewenspad voort terwyl ons soek om die een begeerte na die ander te vervul. Ywerig is die reis.

Eintlik ontbreek ons ‘n innerlike volheid. 

Onder al die opsies en moontlikhede bly ons gedrewe. Ons haas ons deur die lewe van die een behoefte na die ander. Dit word 'n ylingse proses. 

Dit is ‘n groot stap om iewers hieroor te begin nadink: wat dryf my? Waarom ontbreek my die vervulling? Wat dryf my, asof ek nooit genoeg het en nooit regtig innerlik vervuld voel nie?

Om net stil te raak en te besef dat al die baie dinge nie noodwendig rykdom beteken nie, is die begin van geestelike groei weg van hierdie ylende, vlak lewensstyl.

Hierdie “stil raak” is bloot net ‘n oomblik wanneer ‘n mens jou onttrek aan alles waarmee jy besig is. Jy word ‘n vlieg teen die dak, wat na jouself kyk van ‘n afstand. Jy weet: dit is tyd vir nadink. Tyd om dieper te delf.

Jou aandag is uiteindelik by dit wat saak maak: By die tyd om geluk te vind.

Blog Archive