Ignacio Zuloaga (1870-1954) is ‘n Spaanse
kunstenaar wat in die eerste helfte van die twintigste eeu geleef het.
Gebore as ‘n Bask, en deel van ‘n volk met
‘n sterk onafhanklikheidsin, was sy werk, soos iemand dit beskryf,
vanselfsprekend sterk, viriel, manlik en ru.
So, ook, vertel kommentatore dat sy werk “gesag” uitstraal. Miskien sê
mense dit van hom ook omdat hy op ‘n stadium ‘n bul-vegter was wat roem verwerf
het omdat hy vyftien bulle in die arena doodgemaak het. Na sy dood is hy vereer
deurdat sy gesig op Spaanse banknote gedruk is.
Sy pa wou gehad het hy moet ‘n argitek
word. Maar hy wou kunstenaar wees en gou het hy dit voltyds as ‘n professie
beoefen.
In Rome en Parys het hy verder gestudeer, kennis geneem van die invoedryke impressioniste van sy tyd (Gauguin / Tolouse Lautrec). Soos ‘n mens van ‘n Spanjaard verwag, is sy werke beïnvloed deur El Greco, Goya en Ribera. Tog het hy ‘n eie styl ontwikkel en later baie bekend geraak. Hy wou nie die impressionistiese uitbeelding met sy dromerigheid oorneem nie. Vir hom het getrouheid, werklikheidsin meer sin gemaak.

In die oorweldigende Reina Sofia, verlede jaar in
Madrid, met sy honderde skilderye, te veel om rustig te bekyk, dwing sy weergawe van die
Christus van Bloed my tot stilstand.
Die skildery vang my oog en ek neem ‘n foto om die herinneringe by my lewendig te hou.
Die skildery vang my oog en ek neem ‘n foto om die herinneringe by my lewendig te hou.
En, in ‘n tyd van stil-wees, kom ek terug daarop,
verwonderd oor die liriese karakter van hierdie serene, hoewel sombere
uitbeelding van die lydende Christus.
Zuloaga het met die tyd ‘n spirituele
verdieping in sy kunstenaarswerk gereflekteer. Met verloop van tyd, skryf
mense, word sy skilderye minder ru, minder swaar en hard. Hy skilder sy
karakters ligter, vertel ‘n artikel in The Outlook – al van 10 November 1915.
Formeel word sy kleure meer subliem: dit word resonant – byna asof dit gesing
word.
Die inhoud van sy skilderye word meer
sereen, meer digterlik en gelaai met betekenis. Hy bly weg van die donker, selfs
afstootlike temas en ‘n fokus op kwaad.
Juis om hierdie rede word hy as ‘n waardige
opvolger van Velasquez beskou. Sy doeke is nie vrolik nie. Maar hulle vertel
iets van die waarde van lewe.
Ek bedink die skildery teen hierdie agtergrond.
Christus se gesig is bedek, deur lang swart
hare. Om hom staan ses figure, volkome stil voor die kruis. Teenoor die ryk, warm, veilige rooi mantel van die dominerende karakter aan die linkerkant, is daar die bloed wat teen Christus se liggaam afstroom, teen sy bene af. Dit is bloed, dit is lyding, uitgelewerdheid, offerande.
Om hom, afgewend, lees 'n mens duidelik die uitdrukkings op die omringende karakters se gesigte. Jy kan dit nie mis nie, want teen die vaalgrys van hul klere, lees 'n mens dit soos 'n oop boek:
Hul gesigte, een vir een, vertel die verhaal van verbystering: die bloed, al die bloed, al die bloed… Hulle kan nie eers daarna kyk nie.
Christus, die Lam, is nie uitgestal op 'n Golgota-heuwel nie. Hy troon nie uit bo almal om hom nie. Hy is, mens, oorgegee, sy wasbleek liggaam vertel die verhaal van die hoogste prys, van die dood. Hy het onder ons kom woon, een met ons geword.
Maar hoe helder bly die bloed gloei. Dit is anders as die rooi mantel, subliemer, ryker, uniek. Asof dit vir altyd sal vertel, teen die wasbleek aangesig van die dood, dat die Lewe vir mense gegee word.
So bly 'n mens gedenk... Dit is 'n ingetoë verbystering. Gedra deur serene geloof.